duimnael|links|Die nuwe embleem van Galeria Karstadt Kaufhof sedert 25 Maart 2019 duimnael|links|Vlagskipwinkel in Keulen duimnael|links|Galeria Kaufhof afdelingswinkel Berlin-Alexanderplatz in Berlyn se middestad - interieur duimnael|links|Galeria Kaufhof Berlin-Alexanderplatz - buiteaansig Galeria Kaufhof GmbH (eie skryfwyse: GALERIA) was 'n Duitse afdelingswinkelketting wat meer as 130 afdelingswinkels en sportwinkels op sy tuismark en in België (hier onder die handelsmerk Galeria Inno) bedryf het. Die onderneming met 'n bedryfsinkomste van sowat €3,1 miljard in 2013/2014 het sy oorsprong in 'n klein tekstielwinkel wat deur Leonhard Tietz in 1879 in die Oosseehawestad Stralsund gestig is. Intussen word dit as een van die voorste afdelingswinkelkettings in Europa beskou wat op internasionale handelsmerke in die middel- en hoër pryssegment fokus. Galeria Kaufhof beskryf homself as 'n multikanaal-handelsonderneming wat sy produkte sowel in winkels asook (sedert 2011) aanlyn verkoop. Teen 2020 was sowat 200 000 produkte aanlyn beskikbaar.

Tot en met 2015 was die aandelemaatskappy Galeria Holding AG as moedermaatskappy van Galeria Kaufhof GmbH in besit van die Duitse klein- en groothandelsreus Metro AG. Metro AG het op 15 Junie 2015 sy voorneme bekend gemaak om sy dogteronderneming vir €2,8 miljard aan die Kanadese Hudson's Bay Company (HBC) te verkoop.Spiegel Online: Kaufhof geht an Hudson's Bay, 15 Junie 2015. Besoek op 21 Junie 2015 Die transaksie is op 30 September 2015 voltrek. In Maart 2016 het HBC 'n opknappingsprogram teen 'n koste van €1 miljard aangekondig om sy Duitse afdelingswinkels op te gradeer.

Nadat Galeria Kaufhof volgens persberigte in finansiële moeilikheid beland het in 2018, het die moedermaatskappy HBC ingestem om die onderneming met Duitsland se ander groot afdelingswinkelketting, Karstadt AG in besit van die Oostenrykse maatskappy Signa, in 'n gesamentlike onderneming saam te smelt. Na verwagting sal personeel verminder word en een van die twee hoofkwartiere sluit, terwyl die twee kettings se name behou sal word.Süddeutsche Zeitung, 6 September 2018: Fusion mit bitterem Beigeschmack. Besoek op 9 September 2018MSN Finanzen/Süddeutsche Zeitung, 11 September 2018: Die Deutsche Warenhaus-Holding kommt. Besoek op 11 September 2018

Op 25 Maart 2019 het Karstadt & Galeria Kaufhof die nuwe logo van hul saamgesmelte maatskappy Galeria Karstadt Kaufhof uitgereik. Hulle het ook op die dag hul nuwe webwerf galeria.de geloods. Op 15 Mei 2020 is planne bekendgemaak waarvolgens sowat 80 van die nuwe onderneming se 170 afdelingswinkels deur sluiting bedreig word.spiegel.de, 15 Mei 2020: Galeria Karstadt Kaufhof plant, fast die Hälfte aller Filialen zu schließen. Besoek op 15 Mei 2020

Verwysings

Kategorie:Duitse maatskappye