Esther Cornelia Brand (neé Van Heerden; 29 September 1922 – 20 Junie 2015) was 'n Suid-Afrikaanse veldatleet. Brand is tot dusver die eerste en enigste vroueatleet wat 'n goue medalje vir Suid-Afrika op die Olimpiese Spele kon inpalm. Sy het ook Suid-Afrikaanse titels in gewigstoot en skyfwerp gewen.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
As negentienjarige stel sy in 1941 'n wêreldhoogspringrekord van 1,66 meter op, ’n prestasie wat eers 19 jaar later erken is.
Op die Olimpiese Spele van 1952 in Helsinki het sy 'n goue medalje in die vroue-hoogspring gewen. Sy het die destydse skêr-styl gebruik, en kon met 'n hoogte van 1,67 meter oor die lat seil. Dit maak haar die eerste, en steeds enigste Suid-Afrikaanse vrou word wat ’n goue Olimpiese medalje in atletiek kon verwerf.
Brand is in Springbok in die Noord-Kaap gebore en is aan die Hoërskool Maitland in Kaapstad geskool. Sy was met Jan Brand getroud. Haar man het Suid-Afrika in 1948 met fietsry tydens die Olimpiese Spele in Londen verteenwoordig. Sy het ten tyde van haar afsterwe in Bloemfontein gewoon, waar sy op 92-jarige ouderdom geval en aan haar beserings beswyk het.Olimpiese atleet Esther Brand (92) ‘blaas stil laaste asem uit’. Netwerk24, 21 Junie 2015Olimpiese atletieklegende oorlede , PRAAG, 22 Junie 2015Atleet Esther Brand (92) oorlede. Rapport, 21 Junie 2015.
Sien ook Hestrie Cloete
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 2015 Kategorie:Afrikaners Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue