Die rendier (Rangifer tarandus), in Noord-Amerika ook bekend as die kariboe, is ’n spesie hertagtiges wat inheems is aan die arktiese, subarktiese, toendra- en bergstreke van Noord-Europa, Siberië en Noord-Amerika. Dit sluit bevolkings in wat op dieselfde plek bly en dié wat rondtrek. Die diere word soms ook takbokke genoem, hoewel laasgenoemde term eintlik na alle herte verwys.

Hoewel hulle oor die algemeen wydverspreid en talryk is, is sommige subspesies skaars en minstens een het al uitgesterf.

Rendiere wissel aansienlik in kleur en grootte. In die meeste bevolkings groei albei geslagte jaarliks nuwe gewei (takbokhorings), maar in ’n paar spesies het die ooie nie gewei nie. Die ramme se gewei is gewoonlik baie groot.

Die jag en aanhou van rendiere (vir die vleis, vel, melk en vervoer) is belangrik vir sommige arktiese en subarktiese volke. In Lapland trek rendiere sleë, nes die vlieënde rendiere in stories oor Kersvader.

Die hele tarandus-spesie word vanweë sy verspreiding en groot bevolkings deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) gelys as "laer risiko",Henttonen, H.; Tikhonov, A. (2008), Rangifer tarandus, International Union for Conservation of Nature, URL besoek op 13 September 2014 hoewel sekere subspesies, bevolkings en troppe in Noord-Amerika aan die afneem is "Inuit, Inuu, Cree in Quebec and Labrador join forces to protect Ungava caribou: a united and powerful voice that will endeavour to preserve caribou", Nunatsiaq News, 26 April 2013, URL besoek op 14 Januarie 2014Campbell, M.; Nishi, J.; Boulanger, J. (2010), A calving ground photo survey of the Qamanirjuaq migratory barren-ground caribou (Rangifer tarandus groenlandicus) McCloskey, Erin (2011), "Caribou", Wolves in Canada, Lone Pines, pp. 72–82, en een subspesies, die ikoniese noordelike boslandkariboe, sedert 2002 deur die Kanadese bewaringsvereniging COSEWIC as "bedreig" beskou word."Designatable Units for Caribou (Rangifer tarandus) in Canada" (PDF), COSEWIC (Ottawa, Ontario: Committee on the Status of Endangered Wildlife in Canada), 2011: 88, URL besoek op 18 Desember 2013

Subspesies Veertien subspesies word erken in Mammal Species of the World (3de uitg.). Van hulle het twee uitgesterf. Nog drie spesies word deur sommige erken.

+ Subspesies van Rangifer tarandus Subspesie Naam Afdeling Habitat Ram se gewig R. t. buskensis (Millais, 1915) Bosland Rusland en omstreke Geen data R. t. caboti** (G.M. Allen, 1914)Banfield het hierdie klassifikasie in 1961 verwerp. Geist en ander beskou dit egter as ’n geldige subspesie. Geist, V. (2007). Defining subspecies, invalid taxonomic tools, and the fate of the woodland caribou. Rangifer 27 (4).doi:10.7557/2.27.4.315 R. t. caribou (Gmelin, 1788) Boslandkariboe Noordelike woude Suid-Kanada en Noordwes-VSAMattioli, S. (2011). Caribou (Rangifer tarandus). pp. 431–432 in: Handbook of the Mammals of the World, vol. 2. Lynx Edicions, Barcelona. Grootste R. t. granti Grant-kariboe Toendra Alaska, VSA en Yukon, Kanada R. t. fennicus (Lönnberg, 1909) Finse bosrendier Bosland Noordwes-Rusland en Finland 150-250 kg R. t. groenlandicus (Borowski, 1780) Toendra Nunavut en Noordwestelike gebiede, Kanada, en Wes-Groenland 150 kg R. tarandus osborni** (J. A. Allen, 1902) Osborn-kariboe Brits-Columbië, Kanada Geen data R. t. pearsoni (Lydekker, 1903) Nowaja Zemlja-rendier Eilandspesie Nowaja Zemlja, Rusland Geen data R. t. pearyi (J. A. Allen, 1902) Eilandspesie Arktiese eilande van Nunavut en Noordwestelike gebiede, KanadaKleinste in Noord-Amerika R. t. phylarchus (Hollister, 1912) Kamtsjatka-rendier Bosland Kamtsjatka en streke om die See van Ochotsk, RuslandGeen data R. t. platyrhynchus (Vrolik, 1829)Svalbard-rendier Eilandspesie Svalbardeilande van NoorweëKleinste subspesie R. t. sibiricus (Murray, 1866) Siberiese toendrarendier Siberië, RuslandGeen data R. t. tarandus (Linnaeus, 1758) – caribouBergrendier – kariboeToendra of berge Arktiese toendra van Fennoscandia-skiereiland in NoorweëGeen data R. t. terraenovae** (Bangs, 1896) R. t. valentinae** Oeralgebergte, Rusland, en Altaigebergte, Mongolië Geen data

+ Uitgestorwe subspesies Subspesie Naam Habitat Uitgesterf sedert † R. t. dawsoni (Thompson-Seton, 1900) Haida Gwaii-kariboeHaida Gwaii1910 †R. t. eogroenlandicus Arktiese rendier Oos-Groenland1900

Die tabel sluit die R. t. caboti, R. t. osborni en R. t. terraenovae in wat volgens ’n studie van 1961 nie geldige subspesies is nie, hoewel sommige kenners hulle wel as geldig beskou.

Sommige van hierdie subspesies kan weer verdeel word in ekotipes na gelang van verskeie gedragsfaktore – hoofsaaklik habitatgebruik (noordelik, toendra, berg, bergwoude, noordelike woude, bosse ensovoorts en of hulle rondtrek of nie.

Die glasiale en interglasiale siklusse van die Opper-Pleistoseen het ’n groot invloed op die evolusie van Rangifer tarandus en ander Arktiese en sub-Arktiese spesies gehad. Die isolasie van die rendier tydens die laaste glasiale tyd het "intraspesie-verskeidenheid" teweeggebring, veral in die Amerikaanse en Eurasiese deel van die Arktika.

Biologie en gedrag Fisieke kenmerke duimnael|150px|Rendiere verloor jaarliks die fluweellaag van hul gewei, waaronder nuwe gewei uitgroei. duimnael|220px|Svalbard-rendiere met hul kort bene is die kleinste. In die meeste bevolkings groei diere van albei geslagte gewei – dit is die enigste Cervidae-spesie waar ramme én ooie horings kry.New World Deer (Capriolinae). Answers.com In die Skandinawiese bevolkings val ou ramme se gewei in Desember af, jong ramme s’n in die vroeë lente en ooie s’n in die somer. Die gewei het gewoonlik twee verskillende stange of groepe punte, ’n onderste en boonste stang. Daar is aansienlike verskille in die grootte van die gewei van verskillende subspesies (byvoorbeeld klein en dun in die mees noordelike subspesies), maar gewoonlik is die ramme se gewei die grootste horings van alle lewende hertsoorte, naas die Amerikaanse eland (moose), en die grootste in vergelyking met die lyf. Sommige subspesies se gewei kan tot 100 cm wyd en 135 cm lank word.

Die pelskleur verskil ook aansienlik, individueel sowel as tussen seisoene en subspesies. Noordelike bevolkings, wat gewoonlik relatief klein is, is witter en suidelike bevolkings, wat relatief groot is, is donkerder. Dit kan in Noord-Amerika gesien word, waar die mees noordelike subspesie, R. t. pearyi, die witste en kleinste is en die mees suidelike subspesie, R. t. caribou, die donkerste en grootste.Reid, F. (2006). Mammals of North America. Peterson Field Guides. Die pels het twee lae: ’n digte, wollerige onderlaag en ’n langer bolaag met hol, luggevulde hare.

duimnael|140px|links|Die rendier se skedel. Nes die Amerikaanse eland het die rendier gespesialiseerde neusskelpe wat die oppervlakte in die neusgate drasties vergroot. Inkomende koue lug word deur die dier se liggaamshitte verhit voordat dit die longe bereik, en water word gekondenseer en opgevang uit die uitgeasemde lug, en so word die ingeasemde lug weer bevog.

Rendiere se hoewe pas by die seisoene aan: in die somer, wanneer die toendra sag en nat is, word die voetkussings sponsagtig en verskaf dit ekstra trekbeweging. In die winter word die kussings kleiner en stewiger en so word die rand van die hoef blootgestel; dit kap dan in die ys en harde sneeu om te keer dat die dier gly en om hul gunstelingkos, korsmos, te ontbloot.All About Caribou – Project CaribouFoto van ’n rendier wat in die sneeu kos soek . Arcticphoto.co.uk. URL besoek op 16 September 2011

Die ooie word gewoonlik 162 tot 205 cm lank en weeg 80 tot 120 kg.Kariboe by die departement van vissery en wild in Alaska. Adfg.state.ak.us. URL besoek op 16 September 2011. Die ramme is gewoonlik 180 tot 214 cm lank (hoewel dit wissel van spesie tot spesie) en weeg sowat 159 tot 182 kg. Buitengewoon groot ramme kan tot 318 kg weeg. Die skouerhoogte is sowat 85 tot 150 cm en die stert 14 tot 20 cm lank. Die rendiere van Svalbard is die kleinste. Hulle het relatief kort bene en hul skouerhoogte kan so laag as 80 cm wees.Aanes, R. (2007).Svalbard reindeer. Noorweegse Poolinstituut.

Die knieë van baie subspesies is aangepas om ’n klikgeluid te maak wanneer hulle loop.Banfield AWF (1966) "The caribou", pp. 25–28 in The Unbelievable Land. Smith I.N. (red.) Ottawa: Queen's Press, aangehaal in Die klank kom uit die senings van die knieë en kan 10 m ver gehoor word. Die frekwensie van die geluide is een van verskeie tekens wat dui op die dominansie van die mannetjie.

’n Studie deur navorsers van die Universiteitskollege Londen in 2011 het getoon rendiere kan lig met ’n golflengte van net 320 nm sien, aansienlik korter as by mense (400 nm). Daar word geglo dit help hulle in die Arktika oorleef omdat voorwerpe wat in normale sigbare lig met die landskap saamsmelt, soos urine en pels, ’n skerp kontras vorm in ultraviolet.Reindeer use UV light to survive in the wild . Ucl.ac.uk (26 Mei 2011). URL besoek op 16 September 2011. In ’n studie by die Universiteit van Tromsø is bevestig Arktiese rendiere se oogkleur verander deur die seisoene van goud tot blou om hulle te help om roofdiere te sien.Solon, Olivia. The science behind the colour-shifting capabilities of Arctic reindeer eyeballs , Wired, 30 Oktober 13

Dieet Rendiere is herkouers; hul maag bestaan uit vier kamers. Hulle vreet in die winter hoofsaaklik korsmos, veral Cladonia rangiferina (rendiermos), ’n unieke aanpassing onder soogdiere. Hulle is ook die enigste diere buiten sommige slakke by wie die ensiem ligenase, wat korsmos in glukose afbreek, al gevind is.

Hulle vreet ook die blare van wilgers en berke, sowel as gras en riet. Daar is bewyse dat hulle in die lente, wanneer hulle nie baie kos het nie,Biology . Villrein.no. URL besoek op 19 April 2014. ook klein knaagdiere, soos lemmings,Lemmings by Hinterland Who's Who asook vis en voëleiers sal vreet.Anand-Wheeler, Ingrid (2002) Terrestrial Mammals of Nunavut. Nunavut Wildlife Management Board. . Sommige rendiere vreet laatsomer selfs sampioene.''The Sun, the Moon and Firmament in Chukchi Mythology and on the Relations of Celestial Bodies and Sacrifice'' by Ülo Siimets at 140. (PDF). URL besoek op 16 September 2011.

Voortplanting en lewensiklus Paring geskied van laat September tot vroeë November. Ramme baklei om die ooie te dek. Twee ramme sal hul gewei ineenstrengel en mekaar wegdruk. Die mees dominante ram kan met 15 tot 20 ooie paar. Hy sal in dié tyd ophou vreet en ’n groot deel van sy liggaamsreserwes verloor.

Lammers kan in die daaropvolgende Mei of Junie gebore word. Ná 45 dae kan hulle wei en kos soek, maar suig nog speen tot die volgende herfs, wanneer hulle onafhanklik van die ma word.

Sosial struktuur, migrasie en habitat duimnael|links|Die grootte van die gewei speel ’n groot rol om die hiërargie in die groep te vestig.Walker, Matt. (20 Oktober 2009) Eagles filmed hunting reindeer. BBC News. URL besoek op 6 September 2018. Sommige Noord-Amerikaanse bevolkings trek tot 5 000 km per jaar en dek tot 1 000 000 km2.Caribou Migration Monitoring by Satellite Telemetry . Mrnf.gouv.qc.ca. URL besoek op 16 September 2011. Ander subspesies bly op een plek. In Europa het hulle ’n korter migrasie. Eilandspesies se migrasie is beperk.

Migrerende rendiere kan nadelig geraak word deur parasiete. Kwaai aantastings kan individuele diere verswak en moontlik hul lewensduur verkort. Die vlak van aantasting wissel egter van bevolking tot bevolking. Infeksies veroorsaak uitdunning, wat kan veroorsaak dat diere nie hul migrasie voltooi nie.