Blaarslaai (Lactuca sativa) is 'n eenjarige plant in die asterfamilie Asteraceae. Dit word meestal as blaargroente gekweek, maar soms ook vir sy stam en sade. Blaarslaai is die eerste keer deur die antieke Egiptenare gekweek uit wat blyk 'n onkruid was. Aanvanklik is slegs sy sade gebruik om olie te produseer, maar dis later as 'n voedselplant verbou weens sy sappige blare, bykomend tot die olieryke sade.
Blaarslaai het na die Grieke en Romeine versprei. Hulle het dit "Lactuca" gedoop, waarvan die Engelse woord "lettuce" later afgelei is. Teen 50 nC is verskeie tipes beskryf, en blaarslaai verskyn dikwels in Middeleeuse geskrifte. Gedurende die 16de tot 18de eeue is baie rasse in Europa ontwikkel, en teen die middel van die 18de eeu is kultivars beskryf wat vandag nog in tuine gevind word. Europa en Noord-Amerika het oorspronklik die mark vir blaarslaai oorheers, maar teen die laat 1900s het die gebruik van blaarslaai oor die ganse wêreld versprei.
Produksie + Top 10 Blaarslaaiproduserende lande (in metrieke ton)RangLand2010201120122013 1 13,004,977 13,430,000 14,000,00 13,500,00 2 4,105,580 4,070,815 3,875,543 3,586,106 3 1,005,850 1,059,851 1,075,000 1,080,000 4 809,390 868,436 877,000 904,300 5 843,344 819,194 755,697 796,406 6 424,228 550,799 570,000 569,038 7 537,900 542,400 566,100 565,401 8 419,298 424,252 419,066 436,785 9 340,976 370,066 335,337 381,127 10 308,341 340,487 420,595 347,835 — Wêreld 23,072,074 25,056,972 25,545,999 24,896,116 Bron: UN Food & Agriculture Organization (FAO)
Verwysings
Kategorie:Groente Kategorie:Veldkos