Spur Steak Ranches is 'n braairestaurantgroep wat in Suid-Afrika gestig is en deur Spur Corporation bedryf word. Die hoofkantoor van Spur Corporation is in Century City, Kaapstad.
Geskiedenis en groei
Ondanks sy Suid-Afrikaanse herkoms gebruik Spur inheems-Amerikaanse temas wyd, beide in sy bemarking en dekor. Die restaurant bemark homself as "die amptelike restaurant van die Suid-Afrikaanse familie"; en as sodanig, bevat die meeste Spur-restaurante 'n speelarea vir kinders.
Die Spur-groep bestaan uit Spur International, Spur Steak Ranches, Panarottis Pizza Pasta, John Dory's Fish Grill Sushi, The Hussar Grill, RocoMamas, Spur Grill & Go en Casa Bella. Dit het tans 569 restaurante wêreldwyd, ook in verskillende dele van Afrika, Mauritius, die Midde-Ooste en Australasië.
In Maart 2018 het Spur Corporation Captain Dorego verkoop.
Spyskaart en geregte Die spyskaart bestaan hoofsaaklik uit hamburgers, biefstuk en ribbetjies, maar sluit ook hoender, seekos, slaaie en vegetariese disse in.
Verder bedien hulle ontwerpersnageregte en ander soetighede soos melkskommels en Coke floats. Hulle het gewoonlik 'n wye verskeidenheid alkoholiese en nie-alkoholiese drankies in hulle yskaste beskikbaar.
Die restaurante verkoop ook 'n verskeidenheid van souse en ander speserye onder sy eie handelsmerk.
Sien ook Lys van vername restaurante in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Restaurante Kategorie:Suid-Afrikaanse maatskappye