Die Tsjoekotkasee of Tsjoektsjiese See (Russies: Чуко́тское мо́ре, Tsjoekotskoje more) is ’n binnesee van die Arktiese Oseaan. Dit word in die weste begrens deur die De Long-straat, naby Wrangeleiland, en in die ooste deur Point Barrow, Alaska, wat aan die Beaufortsee grens. Beringstraat is die mees suidelike grens en verbind dit met die Beringsee en die Stille Oseaan. Die belangrikste hawe aan die Tsjoekotkasee is Oelen in Rusland. Die Internasionale datumgrens kruis die see van noordwes tot suidoos. Dit is ooswaarts geskuif sodat dit nie deur Wrangeleiland en die outonome okroeg Tsjoekotka op die Russiese vasteland loop nie.

Geografie duimnael|links|Ligging van die Tsjoekotkasee Die see het ’n oppervlakte van sowat 595 000 km² en is net sowat vier maande van die jaar bevaarbaar. Dit is op sy diepste 700 m, maar dieptes van minder as 50 m maak 56% van die oppervlakte uit.

Die Tsjoekotka-see het baie min eilande in vergelyking met ander seë van die Noordpoolstreek. Wrangeleiland is by die noordwestelike grens van die see geleë, Heraldeiland naby sy noordelike grens en ’n paar klein eilande lê aan die Siberiese en Alaska-kus.

Die see is genoem na die Tsjoektsjiese volk, wat aan die kus van die Tsjoekotka-skiereiland woon. Visvang en die jag van walrusse is hul tradisionele bedrywighede.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Alaska Kategorie:Seë van Asië Kategorie:Seë van Noord-Amerika Kategorie:Seë van die Arktiese Oseaan Kategorie:Siberië