Dhivehi (ދިވެހިބަސް, divehi-bas; letterlik: "Malediviese taal", of kort ދިވެހި, divehi, "Maledivies") is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 340 500 mense op die Maledive en die Indiese eiland Minicoy gepraat word. Dhivehi is die amptelike taal en die belangrikste inheemse taal op die Maledive. Dhivehi is nou verwant aan Singalees en word in die Tana-skrif geskryf, 'n afgeleide Arabiese alfabet. Ander verwante tale sluit in Konkani in die Indiese deelstaat Goa en Marathi in die Indiese deelstaat Maharashtra, hoewel Konkani soms as 'n dialek van Marathi beskou word.
duimnael|links|Die woord "Dhivehi" in die Tana-skrif Die Afrikaanse woord atol ('n ring van koraaleilande of riwwe) is aan die Dhivehi-woord atoḷu ontleen. Voor die Europese uitbreiding en kolonisasie was dit die suidelikste Indo-Europese taal.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Maledive Kategorie:Tale van Indië