Madame Sousatzka is 'n 1988 Britse film waarvan die regie deur John Schlesinger behartig is en die draaiboek deur Ruth Prawer Jhabvala geskryf is. Hierdie rolprent is 'n verwerking van die roman Madame Sousatzka (1962) deur Bernice Rubens. Die hoofkarakter se rol word deur Shirley MacLaine vertolk, en sy is daarvoor bekroon met 'n beste-aktrise-prys by die 1988 Golden Globe-toekennings.
Kategorie:Britse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Engelse rolprente