Josh Strauss (gebore 23 Oktober 1986 in Bellville, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy speel gewoonlik flank of agsteman. Hy was kaptein van die Lions in Superrugby asook tydens die Curriebeker. Strauss het voorheen ook vir die Boland en die Maties gespeel.

Op 11 September 2012 is aangekondig dat Strauss 'n drie-jaar kontrak met die Glasgow Warriors geteken het. Hy het in September 2015 in aanmerking gekom om vir die Skotse nasionale rugbyspan gekies te word. Hy is ook ingesluit by Skotland se groep vir die Rugbywêreldbeker 2015.

Verwysings

Eksterne skakels SA rugby profiel Lions profiel itsrugby.co.uk profiel

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Skotse rugbyspelers Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners