220px Amatriciana-sous
'n Pastasous in die Italiaanse kookkuns
Hoofbestanddele<br/ >
200px Guanciale (gepekelde varkwang) of ander varkspek
Pecorino-kaas
Tamaties
Olyfolie
Chili-rissies (na smaak)
'n Paar druppels witwyn (na smaak)
Sout en peper (na smaak) Amatriciana-sous (Italiaanse uitspraak: [amatriˈtʃaːna]) is 'n tradisionele Italiaanse pastasous wat van guanciale (gepekelde varkwang), pecorino-kaas, tamaties, chili-rissies (peperoncini) en olyfolie as hoofbestanddele berei word. Die sous, wat sy oorsprong in Amatrice, 'n nedersetting in die bergagtige provinsie Rieti in die Lazio-streek het, is tans een van die bekendste pastasouse in die Italiaanse en Romeinse kookkuns. In Italië word die sous amptelik erken as Lazio se Prodotto agroalimentare tradizionale.
Die sous is een van die hoofbestanddele van pastageregte soos spaghetti all'amatriciana of .
Kategorie:Italiaanse kookkuns