Brian Sandrock (Bloemfontein, 10 November 1925 – 20 Mei 1990) was 'n Suid-Afrikaanse argitek wat veral bekend was vir sy ontwerp van verskeie geboue op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria, en die Muckleneuk-kampus van die Universiteit van Suid-Afrika.Artefacts.co.za: University of South Africa - UNISA, besoek op 3 Junie 2015
Sandrock is in Bloemfontein gebore en het skoolgegaan by Kimberley Boys High, waarna hy 'n graad in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf het in 1952. Op 6 Julie 1953 vestig hy sy eie praktyk, Brian Sandrock Argitekte, in Pretoria. Hy was ook vanaf 1954 to 1958 'n dosent aan die Universiteit van Pretoria se skool vir argitektuur, eers in geskiedenis en later in ontwerp. Hoewel hy daarna nie weer aan die universiteit verbonde was nie, het hy 'n onmiskenbare hand gehad aan die indiensopleiding van meer as twintig gevestigde argitekte.Artefacts.co.za: SANDROCK, Brian Alan T, besoek op 3 Junie 2015
Enkele van Sandrock se werke duimnael|regs|295px|Unisa, een van Sandrock se ontwerpe. Geografiegebou, Universiteit van Pretoria, Hatfieldkampus, 1956 House Sandrock, Bourke Straat, Muckleneuk, Pretoria, 1960 Safari 1 Kernreaktorgebou, Pelindaba, 1965 Administrasiegebou (Die Skip), Universiteit van Pretoria, Hatfieldkampus, 1968 Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Muckleneuk, 1970's Geesteswetenskappegebou, Universiteit van Pretoria, Hatfieldkampus, 1977 Unisa biblioteek, Pretoria, 1988
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse argitekte Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 1990