Caroline Wöstmann (18 Januarie 1983 - ) is 'n Suid-Afrikaanse atleet wat in 2015 die vroueafdeling van die Twee Oseane- en die Comrades-maratonne gewen het. Sy is 'n moeder van twee, 'n senior lektor aan die Universiteit van die Witwatersrand en 'n geoktrooieerde rekenmeester.

Wöstmann is die eerste Suid-Afrikaanse vroueatleet, ná Frith van der Merwe in 1989, wat die Twee Oseane én die Comrades in dieselfde jaar kon wen in 2015. Sy is boonop die eerste Suid-Afrikaanse vrou in 17 jaar wat die op-Comrades tussen Durban en Pietermaritzburg kon inpalm.

Uitslae Jaar Wedren Tyd Afstand Plek 2017 Old Mutual Om die Dam 03:38:38 50 km 1 2016 Comrades-maraton 06:30:44 89.13 km 2 2016 Twee Oseane-maraton 03:44:44 56 km 1 2015 Comrades-maraton 06:12:22 87.72 km 1 2015 Twee Oseane-maraton 03:41:24 56 km 1 2015 McCarthy Volkswagen/Audi Love Run 01:20:50 21.1 km 1 2015 Sarens Edenvale 03:03:12 42.2 km 1 2014 Aspen Port Elizabeth Stad 02:44:57 42.2 km 1 2014 Comrades-maraton 06:51:43 89.28 km 6 2014 Old Mutual Om die Dam 03:48:51 50 km 3 2013 Old Mutual Om die Dam 03:41:44 50 km 4 2012 Comrades-maraton 07:16:48 89.28 km 15 2011 Comrades-maraton 08:33:29 89.96 km 68 2009 Comrades-maraton 09:17:39 89.3 km 205

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue Kategorie:Comrades-marathon-vrouewenners