Die Alfa Romeo Alfasud (Tipe 901, 902 en 904) is 'n klein gesinsmotor wat van 1971 – 1989 vervaardig is deur Industria Napoletana Construzioni Autoveicoli Alfa Romeo-Alfasud SpA in Italië. Die maatskappy was gebaseer in die arm suidelike streek van Italië as deel van die Italiaanse regering se arbeidsbeleid.
Dit word beskou as een van die suksesvolste modelle van Alfa Romeo met 893 719 eenhede wat verkoop is tussen 1972 – 1983 plus 121 434 Sprint koepeeweergawes tussen 1976 – 1989. 'n Algemene bynaam vir die motor is 'Sud. Die motor het twee opknappings ondergaan, eers in 1977 en toe weer in 1980.
Verwysings
Alfasud