duimnael|200x200px|’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n Smilodon. duimnael|200px|’n Smilodon-skedel in die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum.

’n Sabeltandkat,Sien byvoorbeeld "sabre-toothed cat" in Encyclopædia Britannica. 2009. Encyclopædia Britannica Online. 26 Oktober 2009 soms ook verkeerdelik ’n sabeltandtier genoem, is enigeen van verskeie groepe roofsoogdiere wat gekenmerk word deur besonder lang, sabelvormige slagtande. Die tande steek uit al is die dier se bek toe. Sabeltandkatte het wêreldwyd voorgekom van die Eoseen-epog tot aan die einde van die Pleistoseen-epog (42 miljoen tot 10 000 jaar gelede). Die bekendste spesies was dié van die genus Smilodon.

Ondanks die woord "kat" in hul naam, was die diere nie naby verwant aan moderne katte nie. Hulle behoort eintlik tot drie verskillende biologiese ordes: Carnivora, Creodonta en die uitgestorwe orde Sparassodonta, wat verwant is aan die infraklas Marsupialia (wat onder meer kangaroes en koalas bevat) eerder as aan die lede van Placentalia soos die ander twee ordes.

Die Nimravidae (Carnivora, suborde Feliformia) is die oudste; hulle het sowat 42 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak en 7,2 miljoen jaar gelede uitgesterf. Barbourofelidae (van dieselfde suborde) het bestaan van 16,9 miljoen tot 9 miljoen jaar gelede. Hulle sou saam in sommige habitats voorgekom het.

Morfologie Die verskillende subfamilies sabeltandkatte het hul sabelvormige slagtande heeltemal afsonderlik ontwikkel. Dit het ver by die bek uitgesteek en was in sommige spesies tot 50 cm lank. Hulle was oor die algemeen stewiger as vandag se Katagtiges en was amper meer soos bere gebou. Hulle was vermoedelik uitstekende jagters en het reuseluidiere, wolhaarmammoete en ander groot diere gejag. Wetenskaplikes is nie seker of hulle alleen of in groepe voorgekom het nie; getuienis wat in Los Angeles gevind is, dui daarop dat minstens die Smilodon dalk sosiale karnivore was.

Die sabeltandkatte se afhanklikheid van groot prooi kon daartoe gelei het dat hulle uitgesterf het. Wanneer groot prooi skaars raak of uitsterf, sou diere soos die sabeltandkatte, wat oor ’n lang tyd ontwikkel het om groot diere te vang, nie in staat gewees het om by die verandering aan te pas en van kleiner diere te leef nie.

Evolusie Alle sabeltandkatte het tussen 33,7 miljoen en 10 000 jaar gelede voorgekom, maar die evolusielyne wat tot die verskillende genera gelei het, het baie vroeër begin afskei. Dit is dus ’n polifiletiese groepering.

Die lyn wat tot die Thylacosmilus gelei het, het eerste afgeskei, in die laat Krytperiode. Hulle was nader verwant aan kangaroes en koalas as aan katte. Creodonta het volgende afgeskei en daarna Nimravidae, voordat die ware katagtige sabeltandkatte gedy het.

Klas Mammalia Klade Metatheria (afgeskei in die Kryt) Orde †Sparassodonta (’n uitgestorwe groep karnivore) Familie †Thylacosmilidae †Patagosmilus †Anachlysictis †Thylacosmilus Subklas Placentalia Orde †Creodonta (afgeskei in die Paleoseen) Familie †Hyaenodontidae †Hyaenodon †Boualitomus †Laekitherium †Metapterodon †Triacodon †Parvagula †Machaeroides Orde Carnivora Familie †Nimravidae (afgeskei van die katagtige sabeltandkatte in die laat Eoseen) Subfamilie †Nimravinae (Dinictis) Subfamilie †Hoplophoninae Suborde Feliformia ("katagtige" karnivore) Familie †Barbourofelidae Familie Felidae (ware katte) Subfamilie †Machairodontinae (afgeskei in ?) Tribus †Homotherini †Homotherium †Machairodus †Xenosmilus Tribus †Metailurini †Dinofelis †Metailurus Tribus †Smilodontini †Megantereon †Paramachairodus †Smilodon

Verwysings

Eksterne skakels Illinois-staatsmuseum: Sabeltandkatte UC Berkeley-museum van Paleontologie "Prehistoric cats and prehistoric cat-like creatures" 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere