Reuseluidiere of grondluidiere is ’n uiteenlopende groep uitgestorwe luidiere van die soogdier-superorder Xenarthra. Die terme verwys na die grootte van die uitgestorwe diere in teenstelling met hedendaagse mediumgroot boomluidiere. Die term "grondluidier" beteken egter nie alle uitgestorwe spesies het op die grond gehou nie.J.L. White (1993): Indicators of locomotor habits in Xenarthrans: Evidence for locomotor heterogeneity among fossil sloths. Journal of Vertebrate Paleontology, 13(2): 230–242
Beskrywing duimnael|links|220px|Skelette van verskillende soorte reuseluidiere. Die mees onlangse reuseluidiere het in die Antille voorgekom, waar dit moontlik tot in 1550 v.C. kon geleef het.R.M. Nowak (1999): Walker's Mammals of the World (Vol. 2). Johns Hopkins University Press, Londen Radiokoolstofdatering dui egter eerder op uitsterwing in 2819 tot 2660 v.C. vir die laaste oorlewende individue in Kuba. Op die vasteland van Noord- en Suid-Amerika het reuseluidiere minstens 10 000 jaar gelede uitgesterf.
Die grootste deel van die diere se evolusie het plaasgevind in die Paleogeen- en Neogeen-periode van Suid-Amerika terwyl die vasteland afgesonder was. Met hul vroegste verskyning in die fossielrekord was die reuseluidiere reeds op familievlak uitkenbaar. Die teenwoordigheid van eilande tussen die Amerikaanse kontinente in die Mioseen het daartoe gelei dat verskillende vorme oor Noord-Amerika versprei het.
Hulle was blykbaar ’n geharde groep diere, soos bewys word deur die feit dat hulle so talryk was en tot in afgeleë gebiede versprei het – oorskotte is tot in Patagonië (Cueva del Milodón)C.M. Hogan (2008) en dele van Alaska ontdek.
Reuseluidiere word geklassifiseer in meer as 80 genera wat versprei is oor verskeie biologiese families.Aangepas uit McKenna, Malcolm C. & Bell, Susan K. (1997): Classification of Mammals Above the Species Level. Columbia University Press, New York.
Verwysings
Eksterne skakels Akademie van Natuurwetenskappe: Reuseluidiere Illinois-staatsmuseum Reuseluidiere in die algemeen
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Uitgestorwe soogdiere