Caroline Wozniacki (Deens: [kɑːoliːnə vʌsniˈɑɡi], Pools: [vɔʑˈɲat͡ski]; gebore op 11 Julie 1990 in Odense, Denemarke) is 'n Deense beroepstennisspeler. Sy is 'n voormalige Wêreld Nr 1 op die WTA-toer, en het hierdie posisie vir 67 weke beklee. Sy was die eerste vrou van 'n Skandinawiese land om die topposisie en 20ste algeheel te hou.

Sedert haar WTA-debuut in 2005 het sy haar jaareindposisie elke jaar verbeter tot die afronding as die topspeler in beide 2010 en 2011. Wozniacki het 23 WTA-titels gewen teen Augustus 2014, drie in 2008, drie in 2009, ses in 2010 (die meeste in 'n jaar deur 'n WTA speler van 2008–2011), ses in 2011, twee in 2012, en een elk in 2013, 2014 en 2015. Sy was die naaswenner in die 2009 en 2014 Amerikaanse Ope en die 2010 WTA-toerkampioenskap in Doha na Kim Clijsters.

Caroline Wozniacki het die 2006 Wimbledon-damesenkelspeltitel en tydens die Australiese Ope in 2018 haar eerste Grand Slam-toernooi gewen. Sy hou ook twee WTA-titels in die dubbelspel. In 2008 het Wozniacki die titel as die "WTA-nuweling van die jaar" gewen.

Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Caroline Wozniacki tydens die VSA-Ope in 2009 duimnael|links|upright|Caroline Wozniacki tydens die VSA-Ope in 2010 Die tabel toon Wozniacki se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2007 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Rondte 2 Rondte 22008 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 42009 Rondte 3 Rondte 3 Rondte 4 Eindstryd2010 Rondte 4 Kwarteindstryd Rondte 4 Halfeindstryd2011 Halfeindstryd Rondte 3 Rondte 4 Halfeindstryd2012 Halfeindstryd Rondte 3 Rondte 1 Rondte 12013 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 32014 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 4 Eindstryd2015 Rondte 2 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 22016 Rondte 1 Nie deelgeneem nie Rondte 1 Halfeindstryd2017 Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 4 Rondte 22018 Wenner Rondte 4 Rondte 2 Rondte 22019 Rondte 3 Rondte 1 Rondte 3 Rondte 32020 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Toernooi nie gehou nie Nie deelgeneem nie2023 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 42024 Rondte 2 Nie deelgeneem nie Rondte 3 Rondte 4

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste Caroline Wozniacki se ITF-profiel Caroline Wozniacki se WTA-profiel

Kategorie:Deense tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers