duimnael|280px|Die Universiade van 1989 duimnael|280px|Die Universiade van 2011
Die Universiade is 'n internasionale sportbyeenkoms vir universiteitstudente. Die geleentheid word deur die FISU (International University Sports Federation of Fédération internationale du sport universitaire) georganiseer. Die naam is 'n kombinasie van die woorde "Universiteit" en "Olimpiade". In Engels word dit ook soms die "World University Games" of "World Student Games" genoem.
Die Universiade word elke twee jaar gehou. Dit bestaan uit 'n somer- en 'n winterprogram. Beide vind meestal in dieselfde jaar plaas. Die somer- en winterprogramme word afsonderlik van mekaar deur 'n gasstad georganiseer. Ongeveer 8 000 studente neem aan die somer-, en sowat 3 500 aan die winterprogram deel.
Geskiedenis In 1923 is 'n "International Universities Championship" reeds in Parys gehou. Dit is deur die "Union Nationale des Étudiants Français" (UNEF) georganiseer. Vanaf 1924 organiseer die "Confédération Internationale des Étudiants" (CIE) elke somer 'n sportbyeenkoms vir studente, wat in 1930 die naam "International University Games" kry. Die byeenkoms is vir die laaste keer in 1939 aangebied.
In 1947 organiseer die "Fédération Internationale du Sport Universitaire" (FISU) weereens 'n sportbyeenkoms. In 1957 kry die byeenkoms die naam "World University Games", en in 1959 die naam Universiade.
Sportsoorte Sport by die somerprogram is: atletiek, basketbal, fietsry, skermsport, sokker, gimnastiek, ritmiese gimnastiek, swem, sierduik, waterpolo, judo, roei, tennis, tafeltennis, taekwondo, en vlugbal. Sport by die winterprogram is: alpeski, landloop-ski, skispring, Noorse kombinasie, kunsskaats, yshokkie, kortbaanskaats, tweekamp, sneeuplankry, langbaanskaats en ysbal.
Plekke Die onderstaande tabel wys die gasstede van die somer- en winter-universiades respektiewelik.
JaarSpeleSomer-universiadeSpeleWinter-universiade 1959 I Turyn, — 1960 — I Chamonix, 1961 II Sofia, — 1962 — II Villars-sur-Ollon, 1963 III Porto Alegre, — 1964 — III Špindlerův Mlýn, 1965 IV Boedapest, — 1966 — IV Sestriere, 1967 V Tokio, — 1968 — V Innsbruck, 1970 VI Turyn, VI Rovaniemi, 1972 — VII Lake Placid, 1973 VII Moskou, — 1975 VIII Rome, VIII Livigno, 1977 IX Sofia, — 1978 — IX Špindlerův Mlýn, 1979 X Meksikostad, — 1981 XI Boekarest, X Jaca, 1983 XII Edmonton, XI Sofia, 1985 XIII Kobe, XII Belluno, 1987 XIV Zagreb, XIII Štrbské Pleso, 1989 XV Duisburg, XIV Sofia, 1991 XVI Sheffield, XV Sapporo, 1993 XVII Buffalo, XVI Zakopane, 1995 XVIII Fukuoka, XVII Jaca, 1997 XIX Sisilië, XVIII Muju, 1999 XX XIX Poprad Tatry, 2001 XXI Beijing, XX Zakopane, 2003 XXII Daegu, XXI Tarvisio, 2005 XXIII Izmir, XXII Innsbruck en Seefeld, 2007 XXIV Bangkok, XXIII Turyn, 2009 XXV Belgrado, XXIV Harbin, 2011 XXVI Shenzhen, XXV Erzurum, Turkye 2013 XXVII Kazan, XXVI Trentino, 2015 XXVIII Gwangju, XXVII Osrblie, (skansspring en tweekamp),Strbske Pleso, (noordse kombinasie en langlaufen)Granada (orige items) 2017 XXIX 22pxRepubliek China (Taiwan) gebruik om politieke redes tydens internasionale sportbyeenkomste (soos die Universiade) die naam "Chinees Taipei" en 'n spesiale vlag. Taipei, Republiek China XXVIII Alma-Ata, Kasakstan 2019 XXX Napels, XXIX Krasnojarsk, 2023 XXXI Chengdu, XXXI Lake Placid, 2025 XXXII Ryn-Ruhr-streek, XXXII Turyn,
Verwysings
Eksterne skakels
FISU se amptelike webtuiste
Kategorie:Sportkompetisies Kategorie:Studente