Die nasionale vlag van Jemen is op 22 Mei 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in rooi, wit en swart van bo na onder.
Geskiedenis Voordat Jemen in die hedendaagse Jemense Republiek verenig was, was die land in Noord en Suid verdeel.
Noord-Jemen Noord-Jemen het aanvanklik, van 1927 tot 1962, die vlag van die Mutawakkilitiese Koninkryk Jemen gebruik. In 1962 is die Jemenitiese Arabiese Republiek gestig en is ’n nuwe vlag aanvaar. Die vlag van die Jemenitiese Arabiese Republiek was ook die Arabiese Bevrydingsvlag met ’n groen ster in die middel van die wit baan. Rooi het die rewolusionêre gees van die Jemenitiese volk voorgestel, wit het die hoop op ’n beter toekoms voorgestel en swart het herinner aan die donker verlede. Die ster het eenheid en onafhanklikheid voorgestel.
Suid-Jemen Die vlag van die Demokratiese Volksrepubliek Jemen in die suide was die Arabiese Bevrydingsvlag met ’n hemelsblou driehoek in die vlagpaalkant met ’n rooi ster (die embleem van die Jemenitiese Sosialistiese Party) in die middel daarvan. Die swart het die verlede van die tiranniese, koloniale en feudale heersers voorgestel, die wit het vrede voorgestel en die rooi het rewolusie voorgestel. Die hemelsblou het die Jemenitiese volk voorgestel. Smith/Neubecker: Wappen und Flaggen aller Nationen. München 1981,
Federasie van Suid-Arabië
Protektoraat van Suid-Arabië
Ander vlae Soortgelyke vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Jemen by Flags of the World
Kategorie:Jemen Jemen