Regulus (ook Alpha Leonis of α Leo) is die helderste ster in die sterrebeeld Leeu (Leo) en een van die helderstes in die naglug. Dit is sowat 79 ligjare van die Aarde af en is ’n veelvoudige stelsel wat uit vier sterre bestaan wat in twee groepe ingedeel word. Die spektroskopiese dubbelster Regulus A bestaan uit ’n blouwit hoofreeksster en ’n metgesel wat nog nie regstreeks waargeneem is nie, maar moontlik ’n witdwerg is. Verder weg lê Regulus B en Regulus C, wat dowwe hoofreekssterre is.
Stelsel duimnael|links|240px|Regulus gesien deur ’n Celestron CGEM DX 1100 @ F6.3, Canon T3i, Televue 4X Powermate, ISO 800, beligting van 30 sek. Regulus is ’n veelvoudige ster. Die hoofster van die dubbelster Regulus A is ’n blouwit hoofreeksster van spektraaltipe B7V met ’n witdwerg van minstens 0,3 sonmassas as metgesel. Hul wentelbaan om hul gemeenskaplike swaartekragmiddelpunt duur sowat 40 dae. Die hoofster se vorm is erg verwring.
Die hoofster se massa is sowat 3,5 keer dié van die Son en is net ’n paar honderd miljoen jaar oud. Dit roteer besonder vinnig, met ’n rotasieperiode van net 15,9 uur, en dit veroorsaak dat die ster ’n uiterse ovaalvorm het. As dit net 10% vinniger roteer het, sou sy swaartekrag hom nie bymekaar kon hou nie en sou die ster gedisintegreer het.
Sowat 4 200 astronomiese eenhede (AE) van Regulus A is ’n dubbelster waarvan die sterre dieselfde eiebeweging het. Hulle word Regulus B en Regulus C genoem, of saam HD 87884. Die eerste ster is van spektraaltipe K2V en sy metgesel van spektraaltipe M4V. Hulle is sowat 100 AE van mekaar af en hul wentelperiode is 2 000 jaar.
Sigbaarheid Die Regulus-stelsel is die 21ste helderste ster in die naglug met ’n skynbare magnitude van 1,35. Die meeste lig kom van Regulus A. Regulus B, van 8,1 magnitude, sou op sy eie deur ’n verkyker waargeneem kon word en sy metgesel, Regulus C, wat teen 13,5 magnitude die dofste is van die drie sterre wat al waargeneem is, sou net deur ’n aansienlike teleskoop gesien kon word.
Name Die ster se Bayer-naam is "Alpha Leonis" en sy Flamsteed-naam "32 Leonis". Die tradisionele naam, Rēgulus, is die Latynse woord vir "prins" of "klein koning".
In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Regulus" vir die ster goedgekeur
Verwysings
Eksterne skakels
"Portrait of a Star on the Edge" "Egg-Shaped Regulus is Spinning Fast"
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Leeu (sterrebeeld) Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:B-tipe subreuse Kategorie:K-tipe hoofreekssterre Kategorie:M-tipe hoofreekssterre