Die Ford Escort RS Cosworth was 'n sportafgeleide en spesiale tydrenmotor, gehomologiseer vanuit die vyfde geslag Europese Ford Escort. Dit is ontwerp as 'n Groep A motor vir die Wêreldtydrenkampioenskap, waarin dit meegeding het tussen 1993 en 1998. Dit was in baie beperkte getalle beskikbaar as 'n padmotor van 1992–1996. Dit was dadelik herkenbaar aan sy groot "walvisstert" drukvlerk. Die hoofverkoopspunt was die Cosworth YBT enjin, 'n hoogs verstelbare turbo 2 liter-enjin wat 'n kraglewering van 162 kW (217 pk) in standaardverstelling gelewer het. Die motor was alombekend vir sy uitstekende hantering.
Verwysings
Kategorie:Ford Kategorie:Tydrenmotors