Die Ford Fiesta RS WRC is 'n wêreldtydrenmotor wat vir die Ford Wêreldtydrenspan gebou is deur Ford en M-Sport vir gebruik in die 2011 Wêreldtydrenseisoen. Dit is gebaseer op die Ford Fiesta padmotor, en die Ford Focus RS WRC, wat in verskeie weergawes deelgeneem het sedert 1999. Dit is ook gebou volgens die nuwe wêreldtydrenmotorregulasies vir 2011, wat gebaseer is op die bestaande Super 2000 regulasies, maar aangedryf word deur 'n Ford EcoBoost turbo-aangejaagde 1.6 liter-enjin, eerder as die normaalgeaspireerde 2 liter-enjin wat in Super 2000 motors gebruik word. M-Sport en Ford het 'n Super 2000-weergawe van die Ford Fiesta aan die begin van 2010 ontwikkel, wat deel vorm van die basis van die WRC-motor.
Die renjaers Matthew Wilson en Henning Solberg van die Stobart Ford Wêreldtydrenspan het in 2010 baie van die ontwikkelingswerk aan die motor gedoen, met Per-Gunnar Andersson, M-Sport se besturende direkteur, en Ford-spandirekteur Malcolm Wilson wat ook die motor toetsbestuur het.
Tydrenoorwinnings van die Fiesta RS WRC
{|class="wikitable" style="font-size: 95%; " ! No. ! Tydren ! Seisoen ! Oppervlak ! Bestuurder ! Navigator |- |align="right" style="padding-right: 0.5em;"| 1 | 59ste Sweedse Tydren | 2011 | Sneeu | Mikko Hirvonen | Jarmo Lehtinen |- |align="right" style="padding-right: 0.5em;"| 2 | 21ste Australiese Tydren | 2011 | Grond | Mikko Hirvonen | Jarmo Lehtinen |- |align="right" style="padding-right: 0.5em;"| 3 | 67ste Walliese Tydren GB | 2011 | Grond | Jari-Matti Latvala | Miikka Anttila |- |align="right" style="padding-right: 0.5em;"| 4 | 60ste Sweedse Tydren | 2012 | Sneeu | Jari-Matti Latvala | Miikka Anttila |- |align="right" style="padding-right: 0.5em;"| 5 | 46ste Portugese Tydren | 2012 | Grond | Mads Østberg | Jonas Andersson |- |align="right" style="padding-right: 0.5em;"| 6 | 68ste Walliese Tydren GB | 2012 | Grond | Jari-Matti Latvala | Miikka Anttila
450px|duimnael|links|Jari-Matti Latvala in aksie in Frankryk
Sien ook Citroën DS3 WRC Ford Focus RS WRC Hyundai i20 WRC Mini John Cooper Works WRC Toyota Yaris WRC Volkswagen Polo R WRC
Kategorie:Ford Kategorie:Tydrenmotors