Taoyuan桃園市Thô-hn̂g Tshī 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Administratiewe gewes Noord-Taiwan Koördinate Gestig op 25 Desember 2014 Oppervlakte: - Totaal 1 220,95 vk km Hoogte bo seevlak - m Bevolking: - Totaal (Maart 2023) 2 293 509 - Bevolkingsdigtheid 1 900/vk km Tydsone UTC +8 (CST) Burgemeester Chang San-cheng (KMT) Amptelike webwerf Taoyuan
Taoyuan, amptelik Taoyuan Stad (Chinees: 桃園市; pinyin: Taoyuan shi; Taiwannees: Thô-hn̂g Tshī), is ná Nieu-Taipei, Kaohsiung, Taichung en Taipei die vyfde grootste stad van die Republiek China op die eiland Taiwan met 'n bevolking van sowat 2,3 miljoen en beslaan 'n oppervlakte van 1 220,95 km². Taoyuan is 'n spesiale munisipaliteit in die noordelike deel van die eilandstaat en dit word regstreeks deur die nasionale regering bestuur. Die stad is langs Nieu-Taipei aan die kus van die Oos-Chinese See in die administratiewe gewes Noord-Taiwan geleë. Taoyuan-distrik is in hierdie munisipaliteit geleë en dien as setel van Taoyuan.
duimnael|links|Taoyuan se stadshorison Die stad Taoyuan is op 25 Desember 2014 uit die Taoyuan-distrik gevorm. Taoyuan beteken "persketuin" aangesien die gebied gereeld baie perskebloeisels het. Taoyuan is die tuiste van die inheemse Pingpu-stam. Dit vorm nou 'n belangrike industriële streek van Taiwan. Die grootste lughawe van dié land, Taoyuan Internasionale Lughawe, wat Taipei bedien, is in hierdie streek geleë. Taoyuan beskik ook oor 'n groot hawe langs die Oos-Chinese See.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Republiek China