Richard "Richie" Benaud (1930–2015) was 'n Australiese krieketkaptein en later 'n kommentator wat die stem van die spel geword het.
Beknopte biografie Benaud is op 6 Oktober 1930 in Penrith, Nieu-Suid-Wallis, in Australië gebore. Sy ouers was van Franse afkoms. Hy het in Sydney grootgeword en die Matta High School bygewoon.
Benaud was 'n veelsydige toetskrieketspeler. Hy en sy mede-kolwer, Alan Davidson, het Australië in die laat 1950's en vroeë 1960's gehelp om weer wêreldklas-krieket te speel (na 'n insinking in die vroeë 1950's). Hy was Australië se toetskaptein van 1958 tot sy uittrede in 1964. In 1963 word hy die eerste speler om 200 paaltjies en 2 000 lopies in toetskrieket te bereik.
In November 2014 kondig Benaud aan dat hy op die bejaarde ouderdom van 84 met velkanker gediagnoseer is. Hy is op 10 April 2015 in Sydney in sy slaap oorlede.Richie Benaud Obituary, ABC News Australia, 10 April 2015 Die eerste minister van Australië, Tony Abbott, wou 'n staatsbegrafnis vir Benaud reël, maar sy familie het die aanbod van die hand gewys.
Bibliografie Boeke wat hy geskryf het: The Way of Cricket (1961) A Tale of Two Tests (1962) Spin Me a Spinner (1963) The New Champions (1966) Willow Patterns (1969) Test Cricket (1982) World Series Cup Cricket 1981–1982 (1982) The Hottest Summer (1983) The Ashes 1982–1983 (1983) Benaud on reflection (1984) The Appeal of Cricket (1995) Anything But (1998) My Spin on Cricket (2005) Over But Not Out (2010)
Verwysings
Eksterne skakels Richie Benaud se profiel op HowSTAT!
Kategorie:Australiese krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2015