Weerstand kan verwys na enige van die volgende:
Fisika In elektrisiteit en elektronika: 'n Weerstand is 'n elektroniese komponent wat die vloei van elektrisiteit opsetlik belemmer. (Op die wiki is daar gekies om daarna te verwys as resistor, dit is 'n sinoniem) Elektriese weerstand is 'n maatstaf van die teenstand of verset teen die deurlating van 'n elektriese stroom wat in ohm of siemens (maateenheid) gemeet word.
Termovloei: Termiese weerstand is die teenstand teen hittegeleiding.
Dinamika Sleurkrag of windweerstand. Wrywing is die weerstand teen fisiese beweging.
Politiek 'n Weerstandsbeweging is gewoonlik 'n groep wat buitelandse besetting probeer stuit.