Die katalogusdiens VizieR is ’n sterrekundige diens wat deur die Centre de Données astronomiques de Strasbourg gebied word. Die begin van die diens dateer van 1993, toe dit bekend was as die "Europese Ruimte-inligtingstelsel" (ESIS). Dit het dus ontstaan voordat die internet toegang tot ’n wye netwerk uiteenlopende katalogusse en data gebied het en was aanvanklik bedoel as ’n diens vir die sterrekundegemeenskap.

Die sterrekundige datasentrum in Straatsburg het sterrekundedata jare lank versamel en versprei, en die ESIS-inligting is dus later na dié sentrum oorgedra. VizieR het sedert sy ontstaan ’n verwysingspunt geword vir sterrekundiges wêreldwyd wat dit gebruik vir navorsing oor data wat in sterrekundepublikasies verskyn. Die nuwe VizieR is in 1997 ingestel met beter soekgeriewe en meer data. In Maart 2012 het dit reeds meer as 9 800 katalogusse bevat.VizieR-beskrywing

Verwysings

F. Ochsenbein; P. Bauer; J. Marcout 2000, The VizieR database of astronomical catalogues, Astronomy and Astrophysics Supplement, 143, 23 S.G. Ansari; P. Donzelli; E. Simonsen; F. Ochsenbein; Mei 1996, Transfer of ESIS to Scientific Institutes, ESA Bulletin No. 86 Ochsenbein, F.; Genova, F.; Egret, D.; Bourekeb, I.; Sadat, R.; Ansari, S. G.; Simonsen, E., 1995, A new research tool to retrieve data from astronomical catalogues and tables, American Astronomical Society, 187ste AAS-vergadering, #91.03; Bulletin van die Amerikaanse sterrekundevereniging, Vol. 27, p.1418 Ochsenbein, F., 1996, VizieR, the new catalogue interface at CDS, Bulletin Inf. Centre Donnees Stellaires, Vol. 48, p.47

Eksterne skakels VizieR op die internet 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sterrekundige databasisse Kategorie:Straatsburg