Madeleine Leonore van Biljon (14 Mei 1928 Lichtenburg – 23 Februarie 2010) is in die Wes-Transvaal gebore. Sy was 'n skryfster en joernalis. Sy matrikuleer op Montagu en begin na skool as leerlingverpleegster by Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad. Sy besef gou dit is nie die beroep vir haar nie, en begin in 1948 by Die Vaderland as joernalis werk. Sy was later vroueredaktrise en het daarna al meer rubrieke vir verskillende Afrikaanse en Engelse koerante en tydskrifte begin te skryf. Sommige van haar rubrieke en sketse is later in boekvorm uitgegee, soos Mevrou jy’s lastig (1967), Kwellings en kwinkslae (1974) en Afdraai na bedroef (1996).

Madeleine was in 1983 en 1984 die president van die Kaapstadse Persklub, en sy het ook jare lank ’n kosrubriek vir die Sunday Times geskryf. Sy was vir meer as 50 jaar 'n joernalis. Cecile Cilliers is haar suster.

Werke Sketse: Mevrou, jy’s lastig. Voortrekkerpers, 1967 Kwellings en kwinkslae. Tafelberg Uitgewers, 1974 Merely Madeleine. Tafelberg, 1975 Afdraai na bedroef. Tafelberg, 1996

Kinderboeke: Hier is ons huis. Daan Retief, 1990 Eduard kuier by Ouma. HAUM-Daan Retief, 1992 Madeleine van Biljon se oumaboek. Queillerie, 1997

Essays: Geliefde leesgoed, Queillerie, 1996

Vertaalde werke: Hier is ons huis, Englels (1990) Eduard kuier by Ouma; Engels (1992)

Bron http://www.nb.co.za/Authors/1469

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2010