Die Audi V8 (Typ 4C) is 'n vierdeur, volgrootte, luukse sedan, wat van 1988-1993 deur Audi in Duitsland gebou is, as die maatskappy se vlagskipmodel. Dit was die eerste motor van Audi wat met 'n V8-enjin toegerus was, en ook die eerste Audi om 'n quattro-stelsel te kombineer met 'n outomatiese ratkas. Vroeë motors het 'n 3.6-liter V8 gebruik, terwyl latere motors 'n 4.2 liter-weergawe van die enjin gehad het. Die Audi V8 is deur die Audi A8 vervang in 1994, hoewel die A8 nie in Noord-Amerika verkoop is voor 1997 nie.
Die kompetisiemodel van die Audi V8 het opeenvolgende "Deutsche Tourenwagen" kampioenskapstitels vir bestuurders in 1990 en 1991 gewen, deur Hans-Joachim Stuck en Frank Biela onderskeidelik. Audi was die eerste maatskappy om opeenvolgende DTM titels te wen.
V8