200px Burg Kronberg

in Kronberg im Taunus Hesse

Ontstaantyd

Omstreeks 1220 tot 1230

Tipe

Rotskasteel

Gebou se toestand

200px

Volledig of grotendeels bewaar

Maatskaplike status

Vrye adellikes

Hoogte

400 m bo seevlak

Webtuiste www.burgkronberg.de

Die Kronberg-kasteel (Duits: Burg Kronberg) is 'n rotskasteel uit die hoë Middeleeue in Kronberg im Taunus, 'n stad in die distrik Hochtaunuskreis van die Duitse deelstaat Hesse.

Die kasteelterrein is op 'n rotsplato bo die historiese middestad van Kronberg geleë en beslaan 'n totale oppervlakte van 18 000 vierkante meter, met geboue wat tussen die 12de en 19de eeu ontstaan het. Die Here van Kronberg, 'n familie van vrye adellikes, het in hul manlike linie reeds in 1704 uitgesterf. Die kasteel word tans deur twee liggame bestuur, die Stiftung Burg Kronberg im Taunus en die Burgverein Kronberg e.V.

Die geskiedenis van die kasteel word in die plaaslike museum behandel. In die kasteel word gereeld konserte, markdae, referate en uitstallings gehou.

Kategorie:Geboue en strukture in Hesse Kategorie:Kastele in Duitsland