Die M.T. Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie is ’n prys wat toegeken word aan ’n kandidaat vir skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ’n vertakking(s) van die natuurwetenskappe of die tegnologie. Dit moet as ’n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die natuurwetenskap of die tegnologie beskou word, en moet suksesvol toegepas word in landsbelang. Die prys word beskou as die kroon op ’n lewenstaak en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word. Die prys is in 1964 goedgekeur om naas die Havengaprys ’n toekenning in die natuurwetenskappe te bied en sedert 1977 word dit jaarliks toegeken. Dit is een van die belangrikste eerbewyse van die Akademie vir leierskap op die hoogste vlak op die gebiede van die natuurwetenskap en die tegniek. Die prys word geborg deur Sanlam.
Die prys is vernoem na die oud-president M.T. Steyn van die Oranje-Vrystaat en eerste voorsitter van die Akademie.
Lys van wenners 1966 – Dr. P.J. du Toit en dr. H.J. van Eck 1967 – Dr. F. Meyer 1970 – Dr. S. Meiring Naudé 1971 – Dr. H.O. Mönnig 1973 – Dr. P. Etienne Rousseau 1976 – Dr. S.J. du Plessis 1977 – Dr. A.J.A. Roux 1978 – Dr. R.L. Straszacker 1979 – Dr. J.P. Coetzee 1981 – Dr. C. van der Merwe Brink (postuum) 1982 – Dr. J.G.H. Loubser 1983 – Dr. G.J. Stander 1984 – Dr. T.F. Muller 1985 – Prof. T.H. Louw 1986 – Dr. N. Stutterheim 1987 – Dr. L. Alberts 1988 – Prof. A.J. Brink 1989 – Dr. A. Keeve Steyn 1990 – Dr. C.F. (Chris) Garbers 1991 – Dr. J.K. Basson 1992 – Dr. J.H. Hofmeyr 1993 – Dr. E.C. Halliday 1994 – Prof. D.M. Joubert (postuum) 1996 – Prof. D.R. Osterhoff 1997 – Prof. P.H. Stoker 1998 – Prof. W.F.O. Marasas 1999 – Prof. J.H. Venter 2000 – Mnr. W.J. Botha 2001 – Prof. J.W.H. Swanepoel 2003 – Prof. P.V. Tobias 2004 – Dr. D.W. Verwoerd 2005 – Prof. Wieland Gevers 2006 – Prof. S.H. von Solms 2007 – Prof. H.L. Alberts 2008 – Prof. P.W. van der Walt 2009 – Prof. A.A. Stulting 2010 – Prof. J. van Staden 2012 – Prof. C.J.H. Schutte 2013 – Prof. P.S. Steyn 2015 – Prof. J.N. Eloff 2016 – Prof. I.G. (Ivan) Horak 2018 – Prof. M.J. Wingfield 2019 – Prof. A.M. Viljoen 2020 – Prof. Ben-Erik van Wyk 2021 – Dr. F.S. (Francois) Malan 2022 – Prof. Lise Korstenhttps://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/naude-wen-hertzogprys-met-dol-heuning/ 2023 – Prof. Andreas Roodt 2024 – Prof. Ian Dubery 2025 – Dr. T.W. (Tom) Drinkwater 2026 – Prof. J.P. (Johan) Schoeman
Bron Verwerk vanaf akademie.co.za .
Verwysings
Kategorie:SA Akademie vir Wetenskap en Kuns