duimnael|Die Staatshuis in Windhoek, nuwe setel van die Namibiese President duimnael|Vlag van die Namibiese President duimnael|Seël van die Namibiese President
Die President van Namibië (Engels: President of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet die staatshoof van die Republiek van Namibië. Die president word direk deur die volk vir 'n termyn van vyf jaar verkies en vereis 50 persent plus een van die stemme. Volgens die grondwet van Namibië (Artikel 28 2b) word soveel stemmings gehou totdat 'n kandidaat die nodige meerderheid verwerf het. Namibia’s constitution, democracy and the electoral process. Gerhard Tötemeyer, Windhoek 2010, bl. 296 'n Herverkiesing word slegs een keer toegelaat, maar vir die stigtingspresident Sam Nujoma is as gevolg van 'n grondwetlike wysiging 'n unieke uitsondering gemaak.
Die President stel en verwerp die eerste minister as hoof van die regering en ander ministers en regters. Daarbenewens bepaal die President die riglyne van die beleid en is hoofbevelvoerder van die leër. Die op 28 November 2014 nuutverkose president het vir die eerste keer die voorstelreg vir die verkiesing tot die nuutgeskepte posisie van adjunkpresident.
Vervolging is slegs moontlik op die basis van 'n grondwetlike oortreding of 'n ernstige oortreding van die wette.
Presidente van Namibië sedert 1990 Partye
Simbole † in amp oorlede
No. FotoNaam(Geboorte–sterfte) VerkiesAmpstermyn Party 1 80px Sam Nujoma(1929–2025) 198919941999 21 Maart 1990 21 Maart 2005 SWAPO 2 80px Hifikepunye Pohamba(* 1935) 20042009 21 Maart 2005 21 Maart 2015 SWAPO 3 80px Hage Geingob(1941–2024) 20142019 21 Maart 2015 4 Februarie 2024† SWAPO 4 80px Nangolo Mbumba(* 1941) – 4 Februarie 2024 21 Maart 2025 SWAPO 5 80px Netumbo Nandi-Ndaitwah(* 1952) 2024 21 Maart 2025 Ampsbekleër SWAPO
Sam Nujoma het aan homself die eretitel stamvader van die Namibiese nasie (Engels: Founding Father of the Namibian Nation) verleen. Government Gazette van Namibië 29 Desember 2005
Verkiesingsuitslae Jaar Kandidaat, Party Stemme Stemaandeel 1994 Sam Nujoma, SWAPO 370 452 76,34% 1999 Sam Nujoma, SWAPO 414 096 76,82% 2004 Hifikepunye Pohamba, SWAPO 625 605 76,45% 2009 Hifikepunye Pohamba, SWAPO 611 241 75,25% 2014 Hage Geingob, SWAPO 772 528 86,73% 2019 Hage Geingob, SWAPO 464 703 56,3% 2024 Netumbo Nandi-Ndaitwah, SWAPO 638 560 58,07%
Sien ook Adjunkpresident van Namibië Eerste minister van Namibië Adjunkpremier van Namibië
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Namibiese president se kantoor World Statesmen – Namibia
Namibie Presidente