duimnael|Raadskamer in die Eerste minister se kantoor

Die Eerste minister van Namibië (Engels: Prime Minister of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet van 21 Maart 1990 die regeringshoof van die parlementêre republiek van Namibië. Die eerste minister word deur die grootste party in die nasionale vergadering benoem en deur die president aangestel. Hy word deur die adjunkpremier (Engels: Deputy Prime Minister) bygestaan.

Die Eerste minister se woning was voorheen langs die Tintenpalast, die nasionale vergadering in die buro van die eerste minister (Engels: Office of The Prime Minister) in Windhoek-Sentraal. Die woning van die Eerste minister is sedert middel-2014 in die Ou Staatshuis, die voormalige woning van die Namibiese president.

Eerste ministers van Namibië sedert 1990 Partye

# PortretNaam(Geboorte-sterfte)Ampstermyn Party 1 80px Hage Geingob(1941–2024) 21 Maart 1990 28 Augustus 2002 SWAPO 2 80px Theo-Ben Gurirab(1938–2018) 28 Augustus 2002 20 Maart 2005 SWAPO 3 80px Nahas Angula(* 1943) 21 Maart 2005 4 Desember 2012 SWAPO 4 80px Hage Geingob(1941–2024) 4 Desember 2012 21 Maart 2015 SWAPO 5 80px Saara Kuugongelwa(* 1967) 21 Maart 2015 21 Maart 2025 SWAPO 6 Elijah Ngurare(* 1970) 21 Maart 2025 Ampsbekleër SWAPO

Sien ook President van Namibië Adjunkpresident van Namibië Adjunkpremier van Namibië

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Namibiese eerste minister se kantoor World Statesmen – Namibia

Namibie Eerste ministers