William Henry Seward (16 Mei 1801 – 10 Oktober 1872) was 'n Amerikaanse politikus en staatsman. Hy is gebore in Florida, New York en voltooi sy studies aan die Union College in 1820. Hy word tot die Amerikaanse balie toegelaat in 1822 en begin in 1823 sy eie regspraktyk. Hy betree die politiek en word verkies tot New York se senaat. Hy verloor die Goewerneursverkiesing in 1834 maar word verkies in 1838 en 1840. Hy staan die aanhou van slawe teen, en hierdie beleid dra by dat hy tot die Amerikaanse Senaat verkies word.
Hy verloor die benoeming as presidentskandidaat in 1860 teen Abraham Lincoln. Lincoln stel hom hierna aan as Staatsekretaris. Hy ondersteun Lincoln tydens die Amerikaanse Burgeroorlog. Hy was betrokke by die Frans-Meksiko kwessie en help laasgenoemde om hulle onafhanklikheid te verkry.
Hy was verantwoordelik vir die aankoop van Alaska van Rusland in 1867 in 'n transaksie wat bekend staan as Seward's Folly. Hy tree uit die politiek uit in 1869 en na 'n reis om die wêreld sterf hy in Auburn in 1872.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 622.
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse advokate Kategorie:Amerikaanse goewerneurs Kategorie:Amerikaanse ministers Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Geboortes in 1801 Kategorie:Sterftes in 1872