María Estela Martínez Cartas de Perón (gebore 4 Februarie 1931), beter bekend as Isabel Martínez de Perón of Isabel Perón, is 'n voormalige president van Argentinië. Sy was die derde vrou van die voormalige president, wyle Juan Perón.
Gedurende haar man se derde termyn as president van 1973 tot 1974, het Isabel as beide vise-president en die eerste dame van Argentinië gedien. Nadat haar man in 1974 in die amp oorlede is, was Isabel van 1 Julie 1974 tot 24 Maart 1976 die president gewees.
Sy is op 12 Januarie 2007 in verband met die verdwyning van 'n aktivis in Februarie 1976; naby haar huis in Spanje in hegtenis geneem.
Verwysings
Eksterne skakels
Eerste vroulike president vir Argentinië
Kategorie:Presidente van Argentinië Kategorie:Gades van nasionale leiers Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Lewende mense