Die Audi Le Mans quattro was 'n sportkonsepmotor, wat ontwikkel is deur die Duitse premium motorvervaardiger, Audi, vir voorlegging aan die 2003 Frankfurt Motorskou. Dit was die gevolg van Audi se drie agtereenvolgende oorwinnings by die moeilike 24-uur Le Mans uithouwedren in 2000, 2001, en 2002. Dit was die derde en finale konsepmotor wat deur Audi ontwerp is in 2003, naas die Audi Pikes Peak quattro en Audi Nuvolari quattro.
Audi se "quattro GmbH"-filiaal het gevolglik besluit om die Audi Le Mans quattro as 'n produksiepadmotor te produseer, hulle noem dit die Audi R8, na hul baie suksesvolle Audi R8 LMP renmotor, wat die 24-uur Le Mans vyfkeer gewen het.
Verwysings
Le Mans quattro