Tom et Sheenah is 'n Franse televisieanimasiereeks van 26 aflewerings van 26 minute elk. Die reeks is geskik vir kinders vanaf 7 jaar en ouer. In Frankryk is hierdie reeks die eerste keer uitgesaai op 4 September 1999 op France 3 tydens die uitsaai van Les Minikeums. Daarna is die program weer uitgesaai op die Disney Channel en NRJ 12.

In Suid-Afrika is die Engelse oorgeklankte weergawe, Tom and Sheenah, oor SABC 2 (2000, 2001) en SABC 3 (2006, 2008) gebeeldsend.

Agtergrond As agtjarige kom Tom se ouers (albei volkekundiges van Europese oorsprong) tydens hul ekspedisie in Afrika tragies in 'n motorongeluk om. Tom word deur die Masaistam opgeneem. Hy word aanvaar (veral deur Mana, wat uiteindelik dan ook sy aanneemma is), en word so tussen hulle in die savanne van Oos-Afrika groot.

Op vyftien is hy 'n vreeslose, dapper, skrander en nuuskierige knaap. Hy is gaande daaroor om sy teenstander, Zunaï, 'n poets te bak. Laasgenoemde is die krygerhoof en verlief op die 14-jarige meisie, Aleko, wat hom toebeloof is. Sy is egter weer meer toegeneë teenoor Tom, wat nou eenmaal die gawe het om veral Zunaï baie jaloers te maak. Aleko is weer jaloers op die mooi en onafskeidbare band tussen Tom en sy swartluiperd, Sheenah, wat die seun gevind het toe die dier maar drie jaar oud was.

Tom en Sheenah is bevriend met Collony en Ako. Collony bestuur die natuurreservaat naby die Masaistat. Sy assistent, Ako, is 'n dierearts.

Gevaarlike avonture lê vir hierdie vriende voor. Hulle kom telkens te staan voor Katcho en sy lompe handlanger, La Travers, wat namens hul baas (Bodeka, die minister van Kolimba) betrokke is 'n internasionale smokkelnetwerk wat handel dryf in produkte van allerlei aard (ivoor, dierevelle, lewende hawe, kunsskatte uit die oudheid, maar ook biologiese en chemiese wapens). Hulle het ook te kampe met droogtes en hongersnood, stamgevegte, pessiektes onder die vee, ontvoering en gyselaarskap, die heiligskennis en grafskending deur onkundige toeriste, navorsers en dokumentêrmakers, asook stamtaboes wat oortree word.

Besonderhede Spelleiers : Yannick Barbaud en Jean-Claude Bartoll Draaiboekskrywers : Jean-Claude Bartoll, Patrick Galliano, Véronique Herbaut, Catherine Guillot-Bonté, Jean Helpert, Françoise Boublil, Jean Pourtalé, Marine Locatelli en Catherine Cuenca Spesiale effekte : Alban Le Luel Oorspronklike musiek : Didier Ledan en Joseph Refalo Vervaardig deur : France 3, Master'S Copyright en Métal Hurlant Productions Verspreiding : Europe Images International Land : Taal : Frans Formaat : Kleur (1,33:1) Duur : 26 episodes van 26 minute elk.

Oorspronklike Franse stemme Tony Marot : Tom Sarah Marot : Aleko Cyril Artaux : Ako Michel Castelain : Conolly Gabriel Le Doze : Bodeka Joël Zaffarano : Katcho

Temalied Die temalied "MassaÏ" word gesing deur Lââm. Hieronder is die reëls wat by die opening van elke episode gespeel word, met die Afrikaanse vertaling langsaan.

<center>Frans<center><center>Afrikaans<center><center>Tom et Sheenah<center><center>Tom en Sheenah<center><center>Un echo sur la terre, un bruit qui retentit<center><center> 'n Eggo oor die land, 'n geluid wat weerklink<center><center>Un garçon, une panthère surgissent dans la nuit<center><center> 'n Seun, 'n luiperd ontwaak in die nag<center><center>Amis des Massaï, ils protègent leur terre<center><center>Vriende van die Masai, hulle beskerm hul grond<center><center>Un garçon, une panthère luttent pour leurs frères<center><center> 'n Seun, 'n luiperd veg vir hul broers<center><center>Jambo, colinba in Africa<center><center>In sou nawa Tom et Sheenah<center><center>Jambo, colinba in Africa<center><center>In sou nawa Tom et Sheenah<center><center>Tom et Sheenah<center><center>Tom et Sheenah<center>

Die res van die lied lui soos volg:

<center>Frans<center><center>Afrikaans<center><center>Sous un ciel d'étoiles, ils vivent en harmonie<center><center>Onder 'n sterrehemel leef hulle in harmonie<center><center>Au coeur de la savane, le courage les unit<center><center>In die hart van die savanne, moed verbind hulle<center><center>Libres sur leur terre, c'est le sens de leur vie<center><center>Vrygeborenes op hul grond, dit is die sin van hul lewe<center><center>Un garçon, une panthère combattent leurs ennemis<center><center>'n Seun, 'n luiperd beveg hul vyande<center><center>Jambo, colinba in Africa<center><center>In sou nawa Tom et Sheenah<center><center>Jambo, colinba in Africa<center><center>In sou nawa Tom et Sheenah<center><center>Tom et Sheenah<center><center>Tom et Sheenah<center><center>Jambo, colinba in Africa<center><center>In sou nawa Tom et Sheenah<center><center>Jambo, colinba in Africa<center><center>In sou nawa Tom et Sheenah<center><center>Tom et Sheenah<center><center>Tom et Sheenah<center>

Episodes Die datum naas elke episode is die heel eerste uitsending oor die televisie (oor France 3).

Sheenah et les hommes panthères (4 September 1999) Tournage à hauts risques (11 September 1999) Projet top secret (18 September 1999) Le trésor des pharaons noirs (25 September 1999) À la recherche des origines (2 Oktober 1999) Trafic d'antiquités (9 Oktober 1999) Le sortilège de la corne (16 Oktober 1999) Le cimetière des éléphants (23 Oktober 1999) Zombies (30 Oktober 1999) Safari et romance (1 November 1999) Famine au nord (2 November 1999) Guérilla et jeu de dupes (4 November 1999, gelys « Guerrilla ») Chasse à l'homme (5 November 1999) Vol au Safari hôtel (6 November 1999) Les amours de Sheenah (11 November 1999) Civilisation disparue (12 November 1999) La voie du guerrier (13 November 1999) Bétail contre clôtures (18 Desember 1999) La vallée des grenouilles (27 November 1999) Le volcan mystérieux (4 Desember 1999) La colline mystérieuse (11 Desember 1999) La jeunesse de Conolly (8 Januarie 2000) Dispensaire de brousse (15 Januarie 2000) Braconnage interdit (22 Januarie 2000) La reine noire (29 Januarie 2000) Coup d'état en brousse (5 Februarie 2000)

Verwante produkte VHS Tom & Sheenah – L'Intégrale (7 volumes, 2000) ASIN : B00004VYSD

Eksterne skakels Blad omtrent die reeks op Planète Jeunesse Temalied op Youtube Pamflet (2,3 Megagreep)

Kategorie:Franse televisiereekse