Ballade vir ’n enkeling is ’n Afrikaanse verhaal deur Leon van Nierop. Dit het drie vorme aangeneem deur ’n gepubliseerde roman, ’n televisiereeks (tussen 1987 en 1993 deur die SAUK uitgesaai) en ’n rolprent (op 20 Maart 2015 uitgereik).
Rolprent
Die rolprent het in sy openingsnaweek meer as R1,3 miljoen by die loket verdien, toe meer as 27 500 mense daarna gaan kyk het.‘Ballade’ tref die loket met R1,3 miljoen Dele van die rolprent is in Kragbron in die Vrystaat verfilm.
Genre Die rolprent is ’n drama. Dit het ’n ouderdomsperk van 16TG (taal, geweld) en is van Engelse onderskrifte voorsien.
Storielyn Ballade vir ’n Enkeling handel oor die joernalis, Carina Human wat op die spoor van die enigmatiese skrywer Jacques Reynard is. Jacques daag nie op om ’n letterkundeprys wat aan hom toegeken is te ontvang nie. Tussendeur word vertel van Jacques se kinderjare, sy vriendskap met Jan-Paul Otto en sy liefde vir Lena Aucamp.
Rolverdeling Donnalee Roberts as Carina Human Armand Aucamp as Jacques Rynhardt sr. Rolanda Marais as Lena Aucamp sr. Jacques Bessenger as Jan-Paul Otto sr. Cindy Swanepoel as Mysi Moolman Edwin van der Walt as Jacques Rynhardt jr. Christia Visser as Lena Aucamp jr. Luan Jacobs as Jan-Paul Otto jr. Helene Lombard as Liebet Rynhardt Dorette Potgieter as Alicia Francke Drikus Volschenk as Klaus Rynhardt Zak Hendrikz as Gavin Greeff Miles Petzer as Gert Grové
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Afrikaanse romans Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse televisiereekse