Die Chevrolet El Camino was 'n bakkie in Suid-Afrika en 'n Ute in Australië. Hy is ontwerp as 'n direkte mededinger vir die Ford Ranchero van die 1960-70s.

Australië, Suid-Afrika en die Midde-Ooste

General Motors-Holden's se vervaardiging en bemarking van nutskoepees het in 1935 in Australië begin. 'n Chevroletnutskoepee is steeds deur GM-Holden's bemark tot 1952. Hernoemde Holden nutskoepees, insluitend die latere Commodore-gebaseerde modelle, is as die Chevrolet El Camino en Chevrolet Lumina in Suid-Afrika en die Midde-Ooste verkoop. Teen 2015 produseer Holden nog steeds 'n Commodore-gebaseerde nutskoepee in Australië, bekend as die Holden Ute.

El Camino