Die Pontiac GTO is 'n motor wat deur die Pontiac-afdeling van General Motors gebou is van 1964-1974, en deur die GM-filiaal Holden in Australië van 2004-2006.

Die eerste geslag GTO was 'n spiermotor van die 1960-70's era. Hoewel daar vroeër reeds spiermotors was, is die Pontiac GTO deur sommige beskou as Amerikaanse motorvervaardigers se tendens om 'n verskeidenheid mededingende modelle aan te bied.

Van 1964 tot mid-1973 was die GTO verwant aan die middel-grootte Pontiac Tempest/LeMans. In 1974 was die GTO net vir een jaar as 'n opsionele pakket beskikbaar op die kompakte tweedeur Pontiac Ventura.

Die GTO model het in 2004-2006 herleef as 'n invoer deur Pontiac, 'n linkerhandstuurmodel van die Holden Monaro, self 'n koepeevariant van die Holden Commodore.

Verwysings

Kategorie:General Motors