Fittonia is ’n genus blomplante in die familie Acanthaceae, wat inheems is aan tropiese reënwoude in Suid-Amerika, veral Peru. Vyftien spesies word tans aangetref, maar veral F. albivensis, F. argyroneura en F. verschaffeltii is bekend.

Eienskappe Hulle is immergroen, meerjarige plante wat uitsprei en sowat 10 tot 15 cm hoog word. Die groen blare het anderskleurige are, veral wit en donkerpienk, en die stingels is harig. Die blomme is klein en wit tot naaswit. Die plante aard veral op vogtige plekke met matige sonlig en temperature bo . Hulle word dus in gematigde streke as huisplante gebruik. Hulle kan ook in kweekhuise gegroei en net vir kort rukke in die huis gehou word. Omdat dit uitsprei, kan dit ook as ’n dekplant gebruik word.

Probleme Omdat die plant ’n vogtige omgewing nodig het, droog dit maklik uit; die blare sal dan opkrul. Plantluise kan voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.

Sommige spesies Fittonia albivenis (Lindl. ex hort. Veitch) Brummitt Fittonia argyroneura Coem. Fittonia verschaffeltii (Lem.) Van Houtte

Verwysings

Eksterne skakels IPNI-lys Fittonia verschaffeltii Kew-plantlys

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Huisplante Kategorie:Rankplante Kategorie:Tuinplante