Neoregelia carolinae is ’n spesie van die genus Neoregelia in die familie Bromeliaceae. Die middel van die plant word rooi wanneer dit op die punt is om te blom (vandaar die Engelse naam blushing bromeliad) en dit maak dit ’n gewilde huisplant. Die spesie is inheems aan Brasilië. Talle kultivars is beskikbaar.
Eienskappe duimnael|links|200px|Neoregelia carolinae 'Tricolor'. Die plante het ’n tregtervormige krans van stywe blare. Dit moet altyd met water gevul wees, want dit is die bron van die meeste van die plant se voedingstowwe.
Bromelias dra klein, pers blomme en net voor die blomme verskyn, word die blare van die krans helderrooi. 'Tricolor' is ’n kultivar waarvan die blare boonop geel gestreep is.
Probleme As die blare verlep, is die plant te droog. Dowwe blare kan dui op te min lig. Dopluise kan voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Verwysings
Eksterne skakels Bromeliaceae Da Mata Atlântica Brasileira URL besoek op 22 Oktober 2009 BSI Cultivar Registry URL besoek op 11 Oktober 2009
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante Kategorie:Tuinplante