Die Kaapse stokroos (Sparrmannia africana) is ’n spesie blomplante in die familie Malvaceae (soms in Tiliaceae geplaas) en is inheems aan Suid-Afrika en Madagaskar.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:835200-1 Hierdie plant moet nie met Alcea rosea (Engels: hollyhock), wat meer algemeen as stokroos bekend staan, verwar word nie. Die spesie staan ook as wildestokroos bekend en blom van Junie tot November.
Die spesie se FSA-nommer is 457.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Eienskappe Dié bekende Suid-Afrikaanse blomplant word 3 tot 6 meter hoog en 2 tot 4 meter breed. Dit is ’n immergroen struik of klein boom met groot, vaalgroen blare van sowat 21 cm lank wat met sagte hare oortrek is. Die blomme, wat in trosse voorkom, is wit met rooi en geel meeldrade.
Die Kaapse stokroos verkies warmer toestande van meer as 7 °C en word in gematigde streke as ’n huisplant gekweek. Dit groei redelik vinnig binnenshuis, veral as dit baie lig kry.
Probleme Te veel sonlig kan die blare bruin laat verkleur. Geel blare dui op te min lig. Wolluise kan voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Blomme africana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Huisplante Kategorie:Struike Kategorie:Tuinplante