Toledo 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Ohio County Lucas Koördinate  Stigting 1833 Inkorporasie 1837 Oppervlakte:    - Totaal 217,87 vk km  Hoogte bo seevlak 187 m Bevolking:    - Totaal (2013) 282 313  - Bevolkingsdigtheid 1 374,3/vk km Tydsone EST (UTC -5) Somertyd EDT (UTC -4) Burgemeester Paula Hicks-Hudson (D) Amptelike webwerf toledo.oh.gov

Toledo (Engels: [təˈliːdoʊ]) is 'n hawestad en die setel van Lucas County, in die deelstaat Ohio en is ongeveer 88 km suid van Detroit. Toledo is 'n belangrike hawestad in die Midde-Ooste van die Verenigde State en die vierde grootste stad in Ohio, na Columbus, Cleveland en Cincinnati, en volgens die 2010-sensus die 71ste grootste stad in die Verenigde State. Met 'n bevolking van 274 975 dien dit as 'n belangrike handelsentrum vir die Noord-Sentraal-Verenigde State.

Sy hawe is die vyfde besigste langs die Groot Mere en die 54ste grootste in die Verenigde State. Die stad is aan weerskante van die Maumeerivier gebou, wat hier in die Eriemeer uitmond. Die nedersetting het in 1833 dorpstatus gekry nadat dit met 'n naburige nedersetting, Vistula, saamgesmelt het.

Motorvervaardiging Die Jeep CJ is aanvanklik (1944–1953) deur "Willys Overland" in Toledo gebou, voordat die fabriek na Maryland verskuif is.

Verwysings

Bronnelys Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 22, Bladsy 351.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Ohio