Die Ford Kuga is 'n kompakte sportnutsvoertuig (SNV) wat sedert 2007 deur Ford vervaardig word. Dit is op die C1 platform gebaseer, wat ook die Ford Focus en Ford C-MAX ondersteun. Beide voorwielaandrywing en vierwieldryf is beskikbaar. Kuga's slaan aan die brand Slegte nuus teister die Kuga wat toegerus is met die 1.6 L EcoBoostenjin. Teen 16 Januarie 2017 het daar in Suid-Afrika al meer as 45 van hierdie modelle spontaan in vlamme uitgebars, blykbaar weens 'n oorverhittingsfout aan die enjin.

Op 16 Januarie 2017 het Ford Suid-Afrika en die Nasionale Verbruikerskommissie van Suid-Afrika (NCC) 'n mediakonferensie gehou om 'n veiligheidsherroeping van die geaffekteerde Kugamodel aan te kondig: "4556 1,6 liter-EcoBoost modelle wat gebou is tussen Desember 2012 en Februarie 2014 ". Die NCC het gesê dat hy besluit het om sy gesag uit te oefen vir 'n herroeping, en is daarna in kennis gestel dat Ford Suid-Afrika besluit het om 'n herroeping te implementeer.

Ford Suid-Afrika het die rede geïdentifiseer wat lei tot die meeste brande, as oorverhitting as gevolg van 'n gebrek aan koelmiddelsirkulasie, wat kan lei tot krake van die silinderkop, wat weer lei tot 'n olielek en die daaropvolgende brand in die enjinruim.

Verwysings

Kuga