Die Audi A6 is 'n luukse motorvoertuig gebou deur die Duitse motorvervaardiger Audi, nou reeds in sy vierde geslag. As die opvolger van die Audi 100, word die A6 in Neckarsulm, Duitsland vervaardig - en is beskikbaar in sedan- en stasiewa-weergawes, laasgenoemde deur Audi bemark as die Avant.
Alle geslagte van die A6 word aangebied met voorwielaandrywing of Torsen-gebaseerde vierwielaandrywing - bemark deur Audi as hul quattro-stelsel. Tweede- en derdegeslag A6-modelle het hul platform gedeel met die maatskappy se Allroad-modelle.
A6