Die Audi Q7 is 'n volgrootte luukse oorkruis SNV wat in September 2005 by die Frankfurt Motorskou onthul is. Produksie van die Q7 is teen herfs-2005 begin by die Volkswagen Bratislava-aanleg in Bratislava, Slowakye. Dit is die eerste SNV uit die Audistal en verkope het in 2006 afgeskop. Later is Audi se tweede SNV, die Q5, onthul as 'n 2009-model. Audi het sedertdien 'n derde SNV model vrygestel, die Q3, in die 3de kwartaal van 2011. Die Q7 deel 'n platform met die Volkswagen Touareg en die Porsche Cayenne.
Verwysings
Q7