Die dwergpalm of huispalm, Chamaedorea elegans, is ’n spesie klein palmboom wat inheems is aan die reënwoude van Suid-Mexiko en Guatemala.
Eienskappe duimnael|links|'n Dwergpalm duimnael|links|Sade
Dit is ’n tuinplant in streke met ’n tropiese en subtropiese klimaat en word 2 tot 3 meter hoog. Dit het dun, rietagtige stamme.
In kouer klimaatstreke word die dwergpalm as ’n huisplant gekweek; dan groei dit stadig en word tot 2 meter hoog, met blare van 30 tot 60 cm. Dit kan lae humiditeitsvlakke en min lig hanteer, maar verkies ’n hoër humiditeit en helder, indirekte lig.
Die palm moet nou en dan in ’n groter pot verplant word wanneer die wortels aan die onderkant van die pot begin uitgroei. Dit moet verkieslik in die lente gedoen word.
Probleme Dit is nie ’n veeleisende plant nie, maar as dit te droog of nat is of te veel of te min lig kry, kan die blare bruin word of verlep. Rooimyte kan ook ’n probleem wees.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huisplante Kategorie:Palms