Caladium is ’n genus blomplante in die familie Araceae. Daar is meer as 1 000 kultivars van die oorspronklike Suid-Amerikaanse plant Caladium bicolor.Caladium bicolor
Die genus sluit sewe spesies in wat inheems aan Suid- en Sentraal-Amerika is en ook in Indië, dele van Afrika en op verskeie tropiese eilande voorkom.Kew World Checklist of Selected Plant Families In kouer gebiede is hulle gewilde huisplante.
Hulle groei in oop dele van ’n woud en op die oewers van riviere, en is rustend in die droë seisoen. Die wilde plante word van 40 tot 90 cm hoog, met blare van 15 tot 45 cm lank en breed.Macbride, J. F. 1936. Araceae, Flora of Peru. Publications of the Field Museum of Natural History, Botanical Series 13(1/3): 428–486.Funk, V. A., P. E. Berry, S. Alexander, T. H. Hollowell & C. L. Kelloff. 2007. Checklist of the Plants of the Guiana Shield (Venezuela: Amazonas, Bolivar, Delta Amacuro; Guyana, Surinam, French Guiana). Contributions from the United States National Herbarium 55: 1–584
Eienskappe Verskeie spesies word as ornamentele plante gegroei vanweë hul groot, pylpuntvormige blare in wisselende skakerings van wit, pienk en rooi. Die twee vorms wat algemeen gekweek word, is die hart- en lansvormige soorte. Dwergvariëteite word ook gekweek.
Caladiums groei van knolle en kan oorgeplant word deur die bolle te verdeel. In die groeiseisoen hou hulle daarvan om klam maar nie nat te wees nie. Die meeste variëteite verkies gedeeltelike tot volle skadu.
Probleme Plantluise kan voorkom. Te veel water, die verkeerde temperatuur en te min lig kan ook die plant skade aandoen.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Alle dele van die plant is giftig. Hulle moenie geëet word nie en kan die vel irriteer.
Spesies Baie name is voorgestel vir die verskillende spesies en variëteite in die genus, maar die meeste daarvan is aan ander genera oorgedra of word beskou as sinonieme. Die volgende name word aanvaar:Caladium on theplantlist.org
Caladium andreanum Bogner Caladium bicolor (Aiton) Vent. Caladium clavatum Hett., Bogner & J.Boos Caladium coerulescens G.S.Bunting Caladium humboldtii Raf. Schott Caladium lindenii (André) Madison Caladium macrotites Schott Caladium picturatum K.Koch & C.D.Bouché Caladium praetermissum Bogner & Hett. Caladium schomburgkii Schott Caladium smaragdinum K.Koch & C.D.Bouché Caladium steyermarkii G.S.Bunting Caladium ternatum Madison Caladium tuberosum (S.Moore) Bogner & Mayo
Galery
Verwysings
Eksterne skakels Caladium on theplantlist.org Brochure on cultivation from the University of Florida Cooperative Extension Service (PDF file)
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante Kategorie:Tuinplante