Hierdie artikel handel oor Parys in Frankryk. Vir die dorp in die Vrystaat, sien Parys, Vrystaat. ParysParis 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Région (Admin. gewes) 23px Île-de-France Département 23px Parys Arrondissement Paris -onderverdeel in 20 arrondissements municipaux Koördinate Stigting 3de eeu v.C. Oppervlakte: - Admin. stadsgebied 105,4 vk km - Métropole du Grand Paris 814 vk km Hoogte bo seevlak 28–131 m Bevolking: - Stadsgebied (1 Januarie 2019) 2 140 526 insee.fr: Statistiques. Besoek op 27 Februarie 2019 - Métropole du Grand Paris (2016) 7 026 945 - Bevolkingsdigtheid 20 309/vk km (stad) Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematig-oseanies - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,6 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 3,4 / 18,4 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 639 mm Burgemeester (2020–2026) Anne Hidalgo (PS) Amptelike Webwerf paris.fr
Parys (Frans: Paris [paˈʀi] ) is die hoofstad en grootste stad van Frankryk met 'n bevolking van 2,14 miljoen en 'n oppervlakte van 105,4 km². Saam met sy voorstede vorm Parys 'n metropolitaanse gebied met sowat 12,6 miljoen inwoners. Administratief is Parys tegelykertyd 'n stad en 'n département.
duimnael|links|Parys se stadsentrum met die Eiffeltoring, École militaire, Champ-de-Mars, die Palais de Chaillot en La Défense in die agtergrond duimnael|links|Uitsig oor Parys in 'n noordelike rigting vanaf die tuin van die Tuileries duimnael|links|Palais du Louvre met pirateen sononder duimnael|links|Argitektoniese kontraste – die historiese middestad en La Défense Parys is – ná Brussel – die stad waar die meeste hoofkantore van internasionale organisasies gesetel is, soos Unesco, OESO, die Internasionale Kamer van Koophandel (IKK), die Internasionale Energie-agentskap (IEA), die Europese afdeling van Interpol en die Europese Ruimtevaartorganisasie (ESA). Dit is verreweg die grootste Franssprekende metropool ter wêreld en die kulturele spilpunt vir die internasionale gemeenskap van Franssprekendes (die sogenaamde Frankofonie).
Parys, sy voorstede (La Petite Couronne – "Klein Randgebied") en die omgewing (La Grande Couronne – "Groot Randgebied") word L'Île-de-France genoem – dit is die historiese hartland van Frankryk en sy geestelike middelpunt. Die Seineoewer is in 1991 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Daar is geen ander stad wat dieselfde bevoorregte stelling in sy eie land en op sy kontinent inneem soos Parys nie – dit is tradisioneel die stad van die avant-garde asook die stad wat aan die voorpunt van belangrike ontwikkelings staan. Parys het oorheersende invloed in Frankryk wat mode, kuns, politiek, argitektuur, filosofie, musiek en filmkuns betref en laat hierdie invloed ook elders in Europa en die wêreld geld.
Die metropolitaanse gebied van Parys is een van die belangrikste finansiële en sakespilpunte van Europa waar sowat veertig persent van alle Franse maatskappye hul hoofkwartiere het. Die bruto nasionale produk van hierdie gebied is groter as dié van Australië. Die voorstad La Défense in die département Hauts-de-Seine huisves die grootste sentrale besigheidsgebied van Europa en op een na ook die grootste Europese aandelebeurs. Parys het as gasheerstad van die Olimpiese Somerspele van 1900, 1924 en 2024 opgetree en daarmee ná Londen die tweede stad geword wat vir 'n derde keer as gasheerstad vir Olimpiese Somerspele opgetree het.
Etimologie Die oppidum op die gebied van die huidige stad Parys is in die middel-1ste eeu v.C. deur Julius Caesar genoem as Luteciam Parisiorum ("Lutetia van die Parisii") en na dié stad is in die vyfde eeu n.C. verwys as Parision en toe as Paris in 1265. Gedurende die Romeinse tydperk was die stad algemeen bekend in Latyn as Lutetia of Lutecia en in Grieks as Leukotekía, wat albei moontlik ontleen is aan óf die Keltiese wortel *lukot- ("muis") óf aan *luto- ("moeras", vleiland").
Die naam "Parys" is afgelei van sy vroeë inwoners, die Parisii, 'n Galliese stam uit die Ystertydperk en die Romeinse tydperk. Die betekenis van die Galliese etnoniem bly egter omstrede. Volgens Xavier Delamarre is dit moontlik ontleen aan die Keltiese wortel pario- ("ketel). Alfred Holder interpreteer die naam as "die vervaardigers" of "die bevelvoerders", deur dit te vergelyk met die Walliese peryff ("heer", "bevelvoerder"), albei stam moontlik af van 'n Proto-Keltiese vorm wat gerekonstrueer word as *kwar-is-io-. Alternatiewelik stel Pierre-Yves Lambert voor om Parisii te vertaal as "spiesmense" en verbind die eerste deel aan die Oudierse woord carr ("spies"), ontleen aan die vroeë vorm *kwar-sā. Die stadsnaam hou in elk geval nie verband met Paris in die Griekse mitologie.
Geografie duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van Parys se metropolitaanse gebied duimnael|Die middestad en die sakedistrik La Défense (in die agtergrond), soos gesien vanuit die Eiffeltoring duimnael|Die kabelkar van Montmartre Die kernstad – amptelik Ville de Paris – vorm administratief 'n selfstandige département met 'n oppervlakte van 105,4 vierkante kilometer en 'n bevolking van 2,2 miljoen wat van Parys die mees digbevolkte hoofstad in Europa maak. Dit word administratief onderverdeel in twintig arrondissements (stadsdistrikte) en tagtig quartiers (stadsbuurte).
Uitgestrekte voorstede – in Frans banlieues genoem – omring die kernstad in twee konsentriese ringe. Die binnekring daarvan word gevorm deur die drie départements Hauts-de-Seine, Val-de-Marne en Seine-Saint-Denis. Die buitekring, waarin die vier départements Seine-et-Marne, Essonne, Val-d'Oise en Yvelines geleë is, het nog 'n relatief sterk landelike karakter.
Die bogenoemde agt départements met 'n totale oppervlakte van 14 518 vierkante kilometer en 'n bevolking van twaalf miljoen vorm saam die administratiewe gewes Île-de-France – die derde grootste metropolitaanse gebied in Europa en die welvarendste streek in Frankryk.
Parys en sy voorstede is op 'n gemiddelde hoogte van 65 meter bo seevlak in die sentrum van die Paryse Bekken, 'n vrugbare landboustreek, geleë. Die stadsgebied word deur twee groot bosgebiede omring wat as ontspanningsgebiede vir die stedelike bevolking dien. Die hoogste van sewe heuwels binne die stadsgrense is Butte Montmartre (130 meter). 'n Kabelkar, die Funiculaire de Montmartre, neem besoekers na die bergpiek. Teen die hange van die Montmartre is die enigste wingerd in die Franse hoofstad aangelê.
Die Paryse meridiaan, wat in 1718 deur die Franse sterrekundige en geodeet Jacques Cassini (1677–1756) vasgelê en in 1806 deur die natuurkundige en menseregte-aktivis François Arago (1786–1853) noukeurig bereken is, het tot en met 1884, toe die Internasionale Meridiaan-konferensie in Washington, D.C. gehou is, een van baie nulmeridiane gevorm. Dit loop regdeur die Paryse sterrewag en word sowel deur 'n aantal suile asook deur die Arago-bronsmedaljonne aangedui wat in 1995 deur die Nederlandse konsepkunstenaar Jan Dibbets op 'n diskrete manier in die straatplaveisel, sypaadjies, binnehowe en verskeie geboue (waaronder die Louvre-museum) versink is. Die medaljonne is 'n eerbetuiging vir hierdie bekende Franse natuurkundige en menseregte-aktivis. Van die oorspronklik 135 plakette, wat aanvanklik min belangstelling gewek het, is ná die vrystelling van The Da Vinci Code, die Amerikaanse skrywer Dan Brown se blitsverkoper-riller, gesteel. Die skrywer se verwysing na 'n sogenaamde "Roselyn" in verband met die medaljonne is suiwer fiktief.
Klimaat duimnael|Parys teen sononder duimnael|Montmartre en Sacré-Cœur word verlig in die laaste sonstrale Parys het 'n gematigde oseaniese klimaat wat deur die Noord-Atlantiese Stroom beïnvloed word. Daar is dus gewoonlik geen ekstreme weerstoestande wat met buitengewoon hoë of lae temperature gepaardgaan nie. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 10,9 °C. Die gemiddelde jaarlikse hoogste temperatuur is sowat 15 °C, die gemiddelde laagste jaarlikse temperatuur sowat 7 °C.
Die hoogste temperatuur wat nog aangeteken is, was 40,4 °C op 28 Julie 1948, en die laagste –23,9 °C op 10 Desember 1879. In die laaste jare is die gebied van Parys met die Europese hittegolf van 2003 en die baie koue winter van 2006 deur twee ekstreme weerverskynsels getref.
Reënval kom dwarsdeur die jaar voor, en Parys is bekend vir sy skielike reënbuie. Die gemiddelde jaarlikse neerslae is 641,6 millimeter. Sneeuvalle word in Parys nouliks aangeteken; gewoonlik is dit 'n baie kortstondige dun sneeulaag wat in Januarie en Februarie kan voorkom.
Geskiedenis Antieke tydperk duimnael|Goue muntstukke wat deur die Keltiese Parisii in die tydperk tussen 100 en 50 v.C. geslaan is duimnael|'n Skaalmodel van die Romeinse Lutetia duimnael|Die Romeinse forum van Lutetia Die vroegste Keltiese nedersettings het verrys op twee klein eilande in die rivier Seine, wat deur die stad vloei. In daardie tyd het die nedersetting bekend gestaan as Louk-teih (Plek van die Moeras) of Lutu-hezi (Waterwoning). Hoewel dit net uit 'n klompie houthutte bestaan het, was dit 'n plek van strategiese belang.
Gaius Julius Caesar, wat Gallië in die 1ste eeu v.C. verower en onder Romeinse bewind gebring het, was die eerste wat na die oppidum of Keltiese nedersetting as Lutetia verwys het. Ander antieke bronne gee die naam as Lucotecia. In elk geval is die nedersetting met die plaaslike Galliese stam verbind wat in Latyns Parisii genoem is – as Lutetia Parisiorum. Topografies is die nedersetting, meer nog as vandag, deur die Seinerivier oorheers. Die rivierbedding, wat in die stadsgebied vandag 'n maksimum breedte van tweehonderd meter bereik, was in die Kelties-Romeinse tydperk op plekke moontlik 'n halwe kilometer breed. Aangesien winters indertyd redelik koud was, was die Seine gedurende die koudste maande met 'n yslaag bedek wat die bou van brûe bemoeilik het. Die ys kon geweldige druk daarteen uitoefen en die brûe meesleur. Daarnaas kon voedselvoorrade gedurende lang koue periodes opgebruik wees sodat bewoners deur hongersnode geteister is.
Die antieke Seine was ook minder diep, met uitgestrekte moerasse aan weerskante. Aan die linkeroewer het 'n syrivier, die Bièvre, in die Seine uitgemond (waarskynlik naby die huidige Austerlitz-stasie). Die laagliggende grond langs die regteroewer is deur oorstromings bedreig. Dieselfde geld vir die antieke Île de la Cité, die eiland waarop die Parisii hul nedersetting gebou het, wat sowat ses meter laer as vandag geleë was. Dié eiland was betreklik kleiner as vandag – sewe of agt hektaar in vergelyking met die huidige sewentien – en slegs die grootste en belangrikste temidde 'n hele eilandgroep. Drie kleiner eilandjies was aan sy westelike kant geleë, vier aan sy oostelike kant. Hulle het eers in latere eeue met die oewerland of die Île versmelt; in die antieke tyd het die topografie navigasie op die rivier bemoeilik en beperk tot skepe met weinig diepgang.
As Romeinse veldheer het Julius Caesar nie soseer belang in Lutetia se strategiese waarde of topografiese besonderhede gestel nie. Die Romeinse Republiek was teen omstreeks 50 v.C. besig om sy magsgebied aansienlik uit te brei en uiteindelik die hele Gallië onder sy beheer te kry. Die suidelike deel van Gallië, wat destyds as Gallia Narbonensis bekend gestaan het, het reeds sedert 121 v.C. deel uitgemaak van die Romeinse Ryk en was 'n belangrike landverbinding tussen die Italiese en Iberiese Skiereilande. Casar het sy Galliese Oorloë tussen 58 en 51 v.C. gevoer om die Romeinse invloedsfeer in Suid-Gallië te beskerm, Galliese en Germaanse aanvalle uit die noorde af te weer en die Ryksgrens verder noordwaarts te verskuif – na die "Harige Gallië", soos dit ter onderskeiding van die geromaniseerde suide genoem is. Colin Jones: Paris. Biography of a City. London: Penguin Books 2006. Kindle e-boek-uitgawe, pos. 497