Marthinus Christoffel Johannes van Schalkwyk (gebore 10 November 1959 in Pietersburg) is 'n Suid-Afrikaanse prokureur en politikus. Hy was voorheen die premier van die Wes-Kaapprovinsie benewens Leier van die Opposisie in die Suid-Afrikaanse Parlement. Hy was Suid-Afrika se ambassadeur in Griekeland van 2015 tot 2019, en dien sedert April 2019 as Hoëkommissaris in Australië.

Vroeë lewe Van Schalkwyk het by Hoërskool Pietersburg in Polokwane skoolgegaan tot 1977. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch en die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg gestudeer. Hy was 'n lid van die studentetak van die Nasionale Party (NP) en een van die voorsitters van die Afrikaanse Studentebond.

Loopbaan Tydens apartheid was hy 'n werknemer by Militêre Intelligensie in Suid-Afrika. In 1990 word hy lid van die Parlement en word gou 'n woordvoerder van die party. Sewe jaar later, in September 1997, is hy verkies tot voorsitter van die NP. Vanaf 8 September 1997 was hy die leier van die Nuwe Nasionale Party.

Hy is aangewys as Minister van Omgewingsake en Toerisme in die Suid-Afrikaanse kabinet as tegemoetkoming vir sy bydrae om die NNP met die regerende ANC te versmelt, nieteenstaande die NNP se powere resultate tydens die algemene verkiesing van 2004.

Hy word skertsend Kortbroek genoem deur sy opponente, 'n naam wat hy gekry het weens sy aanvanklike seunsagtige voorkoms en gebrek aan politieke ervaring, veral vergeleke met sy voorganger, F.W. de Klerk.

In Augustus 2004 is aangekondig dat Van Schalkwyk 'n lid van die ANC sou word, en dat die NNP teen 2005 ontbind sal word. South Africa: The party of apartheid is dead

Vanweë sy onteenseglike bekwaamhede het hy as minister van toerisme wel 'n belangrike rol gespeel om Suid-Afrika se beeld as toeristebestemming blink te poets. In Mei 2014, ná die algemene verkiesing, is hy egter uit die nuwe kabinet van pres. Jacob Zuma gelaat. Jacob Zuma announces new Cabinet , besoek op 25 Mei 2014

Persoonlike lewe Van Schalkwyk is getroud met Suzette Minama Labuschagne en het 'n seun, Christiaan, en 'n dogter, Maryke.

Verwysings

Eksterne skakels Aankondiging van Van Schalkwyk se oorloop na die ANC

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van toerisme en omgewingsake Kategorie:Suid-Afrikaanse opposisieleiers Kategorie:Alumni van Hoërskool Pietersburg