duimnael|links|Festival Interceltique de Lorient (FIL) 2017 - Grande Parade des Nations Celtes duimnael|links|Le Bagad de Lan-Bihoué tydens die FIL 2012 in Lorient duimnael|links|Een van Bagad de Lann-Bihoué se langspelers: Bagad de Lann-Bihoué - 55 ans (2007) Die Bagad de Lann-Bihoué is as die bekendste Bretonse bagad-groep in 1952 op die Franse vloot- en lugmagbasis van Lann-Bihoué naby Lorient (département Morbihan) gestig. Sedert 1956 verteenwoordig die groep met 'n dertigtal musikante die Nasionale Vloot van Frankryk. Hulle streef saam met ander musikale kunstenaars daarna om die kulturele en musikale erfenis van Bretagne te bewaar.

Die lede van die groep (wat sedert 2001 ook dames insluit) speel instrumente soos die biniou braz of cornemuse écossaise (Skotse doedelsak), die bombarde ('n oosterse voorloper van die hobo wat tydens die kruistogte na Europa ingevoer word en nou verwant is aan byvoorbeeld die Marokkaanse raïta), caisses claires en percussions (slagwerk). Hulle tree gereeld in Frankryk en die buiteland op, dikwels met ander bekende verteenwoordigers van Keltiese musiek soos Alan Stivell en Carlos Nuñez, en het ook 'n aantal langspelers vrygestel.

Op 29 Maart 2004 is Bagad de Lann-Bihoué deur die Franse Posdiens (La Poste) met 'n spesiale posseël vereer.La Poste S.A. - Tout sur le timbre: Le bagad

Diskografie

1982 : 30e Anniversaire 1952-1982, ed. Keltia Musique 1989 : Bagad de Lann-Bihoué, ed. Keltia Musique 1991 : Marches, danses et mélodies, ed. Coop Breizh 1992 : 40e Anniversaire 1952-1992, ed. Coop Breizh 1996 : Glann Glaz, ed. Coop Breizh 1998 : Me gav hir an amzer, ed. Keltia Musique 2000 : Ar Mor divent, ed. Columbia Tristar, distr. Sony Music 2002 : Fromveur, ed. Sony Music 2005 : Kerbagad, ed. Coop Breizh / Label Production. 2007 : Bagad de Lann-Bihoué, ed. Keltia Musique 2007 : Bagad de Lann-Bihoué : 55 ans, ed. Coop Breizh / Label Production 2012 : Degemer Mat, ed. EMI

Verwysings

Eksterne skakels Media

YouTube.com: Bagad de Lann-Bihoué - La nuit interceltique de Lorient 2011 YouTube.com: Bagad de Lann-Bihoué - Marche du Pays de Retz YouTube.com: Bagad de Lann-Bihoué - Azerty

Kategorie:Bretagne Kategorie:Franse musiekgroepe